Beloftes van GodSample

Lees: Klaagliedere 3:22-23
SOAP: Klaagliedere 3:22-23
God reik altyd uit na ons met 'n hart van medelydende genade. Sy liefde is standvastig en onvoorwaardelik, en Hy behandel ons nie volgens wat ons sondes verdien nie. Hy is getrou aan ons, selfs as ons misluk en wegval.
Dit is nooit te laat om om te draai en in God se rigting te hardloop nie. Elke môre is daar nuwe ontferming vir jou. As gister 'n totale mislukking was, kan jy vandag weer opstaan. As jy in die verlede selfsugtig opgetree het, kan jy berou toon en op die daad oor begin. God sal jou altyd omhels.
Here, dankie vir u standvastige liefde. Ek staan in verwondering oor u oneindige genade teenoor my. Help my om U getrou te volg al die dae van my lewe. Ek wil U altyd met 'n ope hart gehoorsaam.
Amen.
Scripture
About this Plan

Het jy al ooit die gesegde: 'beloftes word gemaak om gebreek te word,' gehoor? Terwyl mense beloftes mag maak en dan breek, doen God wat Hy belowe. In hierdie vier weke-studie oor die beloftes van God sal ons kyk na hoe God belowe om: met jou te wees, jou te lei, te help en jou te onderhou. Hy is die ware Beloftehouer. God se beloftes is onfeilbaar, onveranderlik en waar.
More
Related Plans

Never Alone

Positive and Encouraging Thoughts for Women: A 5-Day Devotional From K-LOVE

Who Am I, Really? Discovering the You God Had in Mind

The Holy Spirit: God Among Us

Gospel-Based Conversations to Have With Your Preteen

Sharing Your Faith in the Workplace

The Bible in a Month

Reimagine Influence Through the Life of Lydia

Everyday Prayers for Christmas
