Liefde sonder vooroordeelSample

Lees: Jona 1:13-17
SOAP: 1 Johannes 1:9
Die moeilikste ding om te doen wanneer ons die verkeerde keuse gemaak het, is om ons foute te erken en ons gedrag te verander. Dit is wonderlik om te weet dat wanneer ons berou het, God getrou is om ons sondes te vergewe. Elke een van hulle. Jesus het die prys aan die Kruis betaal vir die sondes van die hele mensdom. Vorige sondes, huidige sondes en toekomstige sondes.
Om te bely beteken "om dieselfde te sĂȘ as". Wanneer ons ons sonde bely, is ons bereid om dieselfde te sĂȘ (en te glo) oor ons sonde as wat God daaroor sĂȘ. Jesus se verhaal oor die godsdienstige man en die sondaar wat voor God gebid het, illustreer dit. Die FariseĂ«r het gespog oor hoe regverdig hy was, terwyl die sondaar gesĂȘ het: âO God, wees my, sondaar, genadig.â (Lukas 18:10-14). Die een wat sy sonde bely, was die een wat met God saamgestem het.
Daar is geen sonde wat God nie kan vergewe nie. Daar is geen tyd wanneer God nie ân hand van genade kan uitreik nie. Hy is genadig. Hy is 'n liefdevolle God wat wag dat ons ons sondes bely, ons dan vergewe en ons help om met integriteit te wandel.
Hoewel sonde altyd teenwoordig is in ons lewens, hoef dit nie ân struikelblok in ons verhouding met God te wees nie. Is jy bereid om jou sondes te bely? Sal jy toelaat dat God jou hart verander en jou reinig? Hy sal, as jy Hom toelaat.
Hemelse Vader, ek kan U nie genoeg dank vir u liefde en genade teenoor my nie. Dankie dat U my elke dag nuwe geleenthede bied. Dankie dat U gretig is om my te vergewe. Help my om elke dag my sondes te sien en te bely. Amen.
Scripture
About this Plan

Die boek van Jona is nie net 'n verhaal van 'n barmhartige God en 'n opstandige nasie nie, maar 'n barmhartige God en sy ongehoorsame kind. Mag jy bemoedig word soos jy hierdie kragtige verhaal van God se eindelose genade en barmhartigheid lees, en mag jy nooit vergeet dat niemand te sleg is om gered te word nie.Â
More
Related Plans

What Does God Want Me to Do Next?

Holy, Not Superhuman

Lead Boldly: Leading From Wholeness, Not Wounds

Is God Enough?âEncouragement From Davidâs Psalms

Inspire 21-Day Devotional: Illuminating God's Word

One New Humanity: Mission in Ephesians

HEAL BOLDLY: Healing Is Holy Work - a 5-Day Devotional Journey for Women Ready to Heal, Grow, and Rise

Strategy: The Strategic Faith of Caleb in Overcoming the Giants â a 5-Day Devotional by Allma Johnson

Forever Forward in Hope
