Liefde sonder vooroordeelSample

Lees: Jona 4:4,
SOAP: Romeine 3:23, Miga 6:8
Gister het ons 'n baie woedende Jona gesien. Hy was kwaad om te sien dat die inwoners van Ninevé God se genade ontvang - iets wat nie net aan die inwoners van Ninevé geskenk is nie, maar ook aan Jona self.
Ek stel myself voor hoe God, op die mees liefdevolle manier vir Jona vra: "Regtig Jona? Word jy kwaad omdat ek vir die Nineviete dieselfde doen as wat Ek vir jou gedoen het en steeds doen? Dink jy regtig dat jy goed doen deur kwaad te wees? Dis ek wat ontsteld moet wees!"
Doen jy goed deur kwaad te wees? Hierdie Skrif kom dikwels in my gedagtes op wanneer ek myself hoor praat in 'n harde, genadelose stem. Of wanneer ek oorreageer as iets nie volgens my verwagtinge gedoen word nie.
God is die enigste een wat die reg het om kwaad te word. Hy is die een wat al my mislukkings, my sondes, my oortredinge sien. En steeds kies Hy om my lief te hê. Maar ek dink ek het die reg om kwaad te wees wanneer ander dinge verkeerd doen of nie aan my standaarde voldoen nie.
Romeine 3:23 verklaar dat almal gesondig het en nie deel het aan die heerlikheid van God nie. Ons almal. En steeds vergewe Hy ons elke liewe dag. Het jy onlangs aandag geskenk aan God se genade? Het jy al die maniere gesien waarop Hy jou genadig is? Kom ons begin om ook genade aan ander te skenk.
Hemelse Vader, help my om altyd reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam voor U te lewe. Ek wil nie veroordelend of kwaad teenoor ander wees wanneer dinge nie gaan soos ek gedink het dit sal nie. Help my om u liefde en genade aan ander mense wat U in my lewe geplaas het, te bewys. Amen.
Scripture
About this Plan

Die boek van Jona is nie net 'n verhaal van 'n barmhartige God en 'n opstandige nasie nie, maar 'n barmhartige God en sy ongehoorsame kind. Mag jy bemoedig word soos jy hierdie kragtige verhaal van God se eindelose genade en barmhartigheid lees, en mag jy nooit vergeet dat niemand te sleg is om gered te word nie.
More
Related Plans

What Does God Want Me to Do Next?

Holy, Not Superhuman

Lead Boldly: Leading From Wholeness, Not Wounds

Is God Enough?—Encouragement From David’s Psalms

Inspire 21-Day Devotional: Illuminating God's Word

One New Humanity: Mission in Ephesians

HEAL BOLDLY: Healing Is Holy Work - a 5-Day Devotional Journey for Women Ready to Heal, Grow, and Rise

Strategy: The Strategic Faith of Caleb in Overcoming the Giants – a 5-Day Devotional by Allma Johnson

Forever Forward in Hope
