YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Waarvoor Wag Jy Dan? Deur Angelique Du ToitSample

Waarvoor Wag Jy Dan? Deur Angelique Du Toit

DAY 5 OF 5

Vergifnis is ’n keuse Vergifnis is ’n keuse, ’n besluit. Nie ’n gevoel nie. Vergifnis gaan om genesing, nie om die ander persoon se gedrag nie (sien Efesiërs 4:32 en Jakobus 5:16). Hoe gouer jy besluit om te vergewe, hoe gouer sal jy vry wees van die martelende gevangenis van jou siel. Om ’n wrok te koester, beteken dat wat jou ook al in iemand anders grief, na jou toe sal terugkom. Daardie marteling kan jare lank gevoel word. Dit is eenvoudig nie die moeite werd nie. Vergifnis is een van ons Vader se bevele aan sy kinders (sien Kolossense 3:13). Gehoorsaamheid is ’n voorvereiste vir vryheid. Ons omstandighede kan ons nie gevange hou nie, want ons word deur ons keuses bevry – en keuse is altyd ons voorreg. Die verlede is verby. Niks wat jy ooit kan doen, gaan jou verlede verander nie, behalwe om te vergewe. Die hede is daar om te geniet, bemagtig te word en om met elke sel in jou Godgeneesde wese gelééf te word. Jy het die voorreg om jou toekoms te skep. En dit is selfs meer opwindend wanneer jy weet God wag reeds daar in jou toekoms. Hy weet watter planne Hy vir jou het; planne vir ’n voorspoedige toekoms vol hoop (sien Jeremia 29:11). Jou verantwoordelikheid is om dit te glo en op Hom te vertrou (sien Spreuke 3:5-6 en Psalm 37:4-5). Jou verlede bepaal nie jou toekoms nie, maar dit kan die platform wees waarop jou fokus vir die toekoms gebou word.

Scripture

Day 4

About this Plan

Waarvoor Wag Jy Dan? Deur Angelique Du Toit

Hierdie 5-dag-leesplan wat daaroor handel om jou drome na te streef, sal lesers aanmoedig om hul Godgegewe doel te vind, om ’n lig in ons gebroke wêreld te wees en om elke dag nader aan God te beweeg. Elke dag bevat geda...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy