JakobusSample

Lees: Jakobus 5:13-18
SOAP: Jakobus 5:13-16
Jakobus bemoedig gelowiges in Christus om te bid in alle omstandighede. Hy demonstreer die krag van gebed om te genees, en te bemoedig. In opregte gebed moet 'n gelowige se woorde, aksies en motiewe ten volle in lyn en ten volle oorgegee aan God wees.
Watter prioriteit het gebed in jou lewe? Vir wie vra God jou om te bid en met wie vra God jou om mee te bid? Jesus gee ons 'n belofte van vreugde wanneer ons enige iets in Sy naam vra. Waarvoor sal jy bid soos jy God dien en leef vir Jesus?
Vader God, wat 'n ongelooflike en wonderlike voorreg is dit om moedig voor U genadetroon te kan kom. Here, help my om ywerig my gebedslewe 'n prioriteit te maak. Maak my honger en dors vir 'n meer intieme verhouding met U. Herinner my, Here, dat gebed my eerste reaksie in goeie tye en slegte tye moet wees. In Jesus se naam. Amen.
Scripture
About this Plan

Die boek van Jakobus word dikwels vergelyk met die wysheidsliteratuur wat in Spreuke gevind word. Dit is 'n kort boek, maar is gevul met kragtige lesse oor 'n godsvrugtige lewe. In hierdie 4 weke Love God Greatly studie kyk ons dieper na God se wysheid oor lyding, die krag van gebed, die belangrikheid om die tong te beheer, en die gevare van rykdom. Jakobus daag ons uit om nie net te praat nie, maar om tot die daad oor te gaan; om ons geloof uit te leef in 'n moedige strewe na heiligheid. Maar omdat niemand van ons perfek is nie, is dit belangrik om Jakobus te lees deur die lens van die evangelie. Soos jy hierdie boek bestudeer, soek na die dinge waar jy tekortskiet en bely dit, word bemoedig deur Christus se oorvloedige genade en word gemotiveer om 'n godsvrugtige lewe te leef deur Sy krag en vir Sy glorie.
More
Related Plans

Note to Self: Helpful Reminders for Healthier Relationships

Gems of Motherhood~ Letters to a Mama: 20ish Things I Wish I Knew Before Becoming a Mom

HEAL BOLDLY: Healing Is Holy Work - a 5-Day Devotional Journey for Women Ready to Heal, Grow, and Rise

Whiskers & Prayers: Devotionals for Cat Lovers

Wellness Wahala: Faith, Fire, and Favor on Diplomatic Duty

The Unworthy Parent: God’s Grace in Your Gaps

Consciousness of God's Presence

Heart of Worship

Start Strong: 7 Prayers for Bold New Beginnings
