Suider-Paarl Gemeente

21 Dae van Hoop: Groot Lydensweek oordenkings
21 dae van hoop en anders wees! Saam Groei, Saam Leef, Saam Leer 27 Maart tot 16 April
Locations & Times
13 Flambeau St, Courtrai, Paarl, 7646
Saturday 1:00 AM
Sunday 1:00 AM
Monday 1:00 AM
Tuesday 1:00 AM
Wednesday 1:00 AM
Thursday 1:00 AM
Friday 1:00 AM

Dag 15 G O E I E V R Y D A G
Kyk gerus die video saam met jou familie en vergesel ons met Nagmaal hierdie Goeie Vrydag.
https://youtu.be/QDDsHR3scW4Dag 14 Donderdag 9 April
Jesus stel Nagmaal in
Op Donderdag het Jesus vir Petrus en Johannes vooruit na die bovertrek in Jerusalem gestuur, om gereed te maak vir die Pasga. Daardie aand, net na die son gesak het, het Jesus sy dissipels se voete gewas, en gewys hoe lyk liefde vir mekaar regtig.
Toe het Jesus die Pasga saam met hulle gevier, en gesê:
“Ek het baie daarna uitgesien om hierdie paasmaaltyd saam met julle te eet voordat Ek ly. Ek sê vir julle: Ek sal dit nie weer eet voordat dit in die koninkryk van God sy volle betekenis gekry het nie.”
Jesus was die Lam van God, en Hy sou die betekenis van die lammetjie wat gewoonlik met Pasga geslag en geoffer is, vervul. Dit sou ons vrymaak van die dood en sonde. Toe stel Jesus die Nagmaal in en het sy volgelinge gevra om sy offer te onthou deur die brood en wyn met mekaar te deel.
Later is Jesus en sy dissipels na die tuin van Getsemané, waar Jesus in angs gebid het tot die Vader. Later is Jesus deur Judas met ’n soen verraai, gearessteer, na Kajafas die hoëpriester geneem vir ondervraging, en daar het Petrus Hom verloën.

Dag 13 Woensdag 8 April
Jesus rus in Betanië
Die Bybel vertel nie presies wat Jesus op die Woensdag van die laaste week gedoen het nie. Waarskynlik het Jesus, na twee uitputtende dae, in Betanië gerus, in afwagting op die Paasfees. Net ’n kort tydtjie gelede het Jesus aan sy dissipels en die wêreld geopenbaar dat Hy mag oor die dood het deur vir Lasarus uit die dood op te wek. Na die wonderwerk het baie mense geglo dat Jesus die Seun van God is, en hulle het begin glo.
Dit is ook in hierdie tyd dat Lasarus se suter, Maria, Jesus se voete met baie duur olie gesalf het - ter voorbereiding van sy begrafnis.

Dag 12 Dinsdag 7 April
Jesus op die Olyfberg
Jesus en sy dissipels het weer na Jerusalem teruggekeer, en by die tempel was baie geestelike leiers ontsteld omdat Jesus met gesag gepraat het. Hulle het wou Jesus vasvra, en het met Hom begin redeneer - oa oor wie toegelaat gaan word in die Hemel, wie belasting moet betaal, wie gaan opstaan uit die dood, wat is die grootste wet van almal. Jesus het baie slig geantwoord, en toe die Fariseërs en Skrifgeleerdes huigelaars genoem. Daarom wou hulle Hom arresteer.
Later die middag het Jesus op die Olyfberg, wat oor Jerusalem uitkyk, gaan sit. Toe praat Hy met die dissipels oor die eindtyd en laaste oordeel, valse profete en dat hulle moet volhard. Lees gerus daaroor in Matteus 21 - 24. Na ’n vermoeide dag het hulle weer na Betanië toe teruggekeer.

Dag 11 Maandag 6 April
Jesus reinig die tempel
Die volgende oggend keer Jesus en sy dissipels terug na Jerusalem. Oppad vervloek Hy ’n vyeboom wat nie vrugte dra nie. Eintlik wou Hy iets sê oor die geestelike leiers wat geestelik dood is. En dat alle gelowiges se egte geloof gewys word deur die vrug van die Gees wat mens dra.
En dan kom Hy by die tempel, en sien die korrupte handelaars, en Hy gooi die tafels om en sê soos daar in Jes. 56:7 staan:
“My huis sal 'n huis van gebed wees, maar julle het dit 'n rowersnes gemaak."
Daardie Maandagaand het hulle weer in Betanië oorgebly.

Dag 10 Sondag 5 April Palmsondag
Groot Lydingsweek
Op die Sondag voor sy dood het Jesus met sy reis na Jerusalem begin, en geweet dat Hy binnekort sy lewe sal gee vir ons sonde. Toe Hy naby die dorpies Betfage en Betanië kom, het Hy twee dissipels vooruit gestuur om ’n donkie te soek en na Hom te bring. En Jesus het in Jerusalem ingery, en so die profesíe in Sag 9:9 vervul waar staan:
Jubel, Sion! Juig, Jerusalem! Jou koning sal na jou toe
Die skare het palmtakke geswaai en eer aan Jesus gebring: “Prys Hom! Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!”
Daardie aand het Jesus en sy dissipels in Betanië, so 3km oos van Jerusalem, oornag. Dit is daar waar Jesus se goeie vriende, Lasarus en sy twee susters, Marta en Maria, gewoon het. Jesus en sy dissipels het waarskynlik die laaste week by hulle gebly.

Palmsondag
Dag 9 Saterdag 4 April
Lees Jesaja 53: 6 - 12, gaan rustig deur die stappe: RAAK STIL, NADINK, en GEBED en maak notas soos jy wil, op die app of op jou eie manier.

Dag 8 Vrydag 3 April
Lees Eksodus 33: 11 - 18, gaan rustig deur die stappe: RAAK STIL, NADINK, en GEBED en maak notas soos jy wil, op die app of op jou eie manier.

Dag 7 Donderdag 2 April
Lees Johannes 11: 17 - 27, gaan rustig deur die stappe: RAAK STIL, NADINK, en GEBED en maak notas soos jy wil, op die app of op jou eie manier.

Dag 6 Woensdag 1 April
Lees 1 Joh 5: 14 - 15, gaan rustig deur die stappe: RAAK STIL, NADINK, en GEBED en maak notas soos jy wil, op die app of op jou eie manier.

Dag 5 Dinsdag 31 Maart
Lees Jesaja 53: 4 - 6, en 1 Pet 2: 24 - 25 gaan rustig deur die stappe: RAAK STIL, NADINK, en GEBED en maak notas soos jy wil, op die app of op jou eie manier.

Dag 4 Maandag 30 Maart
Lees Rom 15: 4 - 6, gaan rustig deur die stappe: RAAK STIL, NADINK, en GEBED en maak notas soos jy wil, op die app of op jou eie manier.

Dag 3 - Sondag 29 Maart, Video Erediens
Lees 1 Samuel 17: 45 - 47, gaan rustig deur die stappe: RAAK STIL, NADINK, en GEBED en maak notas soos jy wil, op die app of op jou eie manier.
Maak die onderstaande link oop en kyk ons Video - Erediens waar Ds. André gesels oor David in 1 Samuel 16 en 17.
https://youtu.be/MfaWBlqatDUMaak die onderstaande link oop en kyk ons Video - Erediens waar Ds. André gesels oor David in 1 Samuel 16 en 17.
Dag 1 - Frydag 27 Maart
Lees Filippense 4: 6-7, gaan rustig deur die stappe: RAAK STIL, NADINK, en GEBED en maak notas soos jy wil, op die app of op jou eie manier.

Dag 2 - Saterdag 28 Maart
Lees Psalm 46: 9 - 12, gaan rustig deur die stappe: RAAK STIL, NADINK, en GEBED en maak notas soos jy wil, op die app of op jou eie manier.

RAAK STIL:
Lees die teksgedeelte van die dag stadig ’n paar keer met verwagting deur. Watter woorde of frases staan vir jou uit?
NADINK: Dink na oor die volgende vrae:
1. Wat sê die gedeelte (of maak dit gedagtes in jou los) oor God?
2. Wat sê dit oor die mens (jouself of vir julle as gesin)?
3. Wat sê die Here spesifiek vir jou /julle, en wat moet jy/julle anders gaan doen?
GEBED: Sê wat in jou leef, vra Hom om jou te help.

Die volgende dag se teks sal verskyn soos die 21 dae van hoop aangaan. Wees geseënd en veilig!
24-7 PRAYER
Log in op die volgende bladsy en book vir jou 'n uur of hoe lank jy ook al wil om vir die land in hierdie tyd te bid.
https://www.24-7prayer.com/signup/04faa8
Jesus op die donkie by ingang van Jerusalem