YouVersion Logo
Search Icon

Lewende Woord Hoofgemeente

Ingeprop in God se Krag

Ingeprop in God se Krag

Sondag 27 June 2021 9h00 - Nevil Norden

Locations & Times

Lewende Woord / Living Word - Main

72 Brummeria Rd, Brummeria, Pretoria, 0184, South Africa

Sunday 9:00 AM

Welkom by Lewende Woord Hoofgemeente

Vir enige inligting, laai gerus die Church Center app af of besoek:
https://lewendewoord.churchcenter.com
Opening Skrif: Luk. 1:37
Preek notas
Bly gekoppel aan die bron van God se krag naamlik Sy ewige Woord en die krag van die Heilige Gees. Die Heilige Gees en die Woord werk saam.
Die Woord is getoets met versoeking.
Gees en Woord skep. Ja, ek wil jou bemoedig, stig, troos en opbou.
God dra alles deur die Woord van Sy krag - nie die krag van Sy Woord nie, anders sou sekere woorde nie krag hê nie.
Sonder die woord sou daar gee lig gewees het nie en niks bestaan het nie ook geen krag gewees het nie.

Voorbeeld: Elektriese waaier en elektriese lig - krag en lig kom van een bron af.

Jesus sê vir Thomas (Joh. 14:6). Jesus die woord is ons koppeling met God die Vader.

Adam en Eva se verkeerde keuse het hulle van die Woord ontkoppel, van die weg, die waarheid en die oorvloedige lewe van die Tuin van Eden.
Die woord is ook geen en lewe. Die doel van Jesus se koms.
Die vyand wil die 'Woord steel' dan kan hy in 'n sin alles van ons steel.

Die Woord skep en die woord hou in stand.
Geloof in die Woord en in Jesus as die Woord. Die Woord keer nooit ledig terug nie. Soms sukkel ons met die konsep van die goddellike Drie-eenheid: Vader, Seun en Heilige Gees.
Eenvoudig gestel, God sê, Jesus skep en Hy doen dit met die krag van die Heilige Gees. Laat 'ons' mense maak na 'Ons beeld en ons gelykenis'.
God verberg woord waarhede (Spr. 25:2) en dan sê 1 Petrus 2:9 ons as konings en priesters in Jesus speur dit na.

On moet honger en dors na geregtigheid want ons leef van openbarings kennis.
Geloof is 'n liefdes verhouding en in Christus het ons Sy onverdeelde aandag.
Tale sluit alle tipes gebed in. Gebed is nie net 'n eenrigting geselskap nie, jy bid in jou moedertaal of in jou Heilige Gees taal en dan word jy stil - onthou met wedergeboorte het die Heilige Gees in jou kom woon, en met die Doping in die Heilige Gees het jy krag ontvang.
Tale vir die wat glo. Die Heilige Gees gee inspraak in jou gees deur 'n openbaring van 'n skrifgedeelte, 'n gesig, ens.
Sorge moet vir die Here gegee word. Ons moenie angs toelaat nie en ons moet ons fokus behou. Wees voor die Here in biddende aanbidding met dankbare versoeke en raak die Here aan met teer fluisterende aanbidding.
Soek en bedink die dinge daarbo waar Christus is, vul dan jou hart en gedagtes met troonkamer realiteite want jy sit met Jesus in hemelse plekke.

NB: Soos wat jy met goddellike liefde, teerheid en troonkamer gedagtes gevul word sal die Heilige Gees en die Woord jou ophef.

Soos wat jy Sy liefde en genade bepeins sal jou gedagtes geabsorbeer word met wie Jesus is en met wat Hy vir jou gedoen het.

Jy sukkel nie om God se aandag te kry nie jy het dit alreeds in Jesus - Sy aandag en Sy volle goedkeuring.

Jy sukkel ook mie vir 'n deurbraak nie, want God het in Jesus vir jou deurgebreek.
hey

Tiendes en Offergawes

Maniere om te gee:
https://lewendewoord.co.za/offergawes-tiendes

Aanlyn Dienste

Kyk ons dienste aanlyn:
https://lewendewoord.churchcenter.com/channels

Facebook

Volg ons op Facebook:
https://www.facebook.com/lewendewoord/

Instagram

Volg ons op Instagram:
https://www.instagram.com/lewendewoord_main/
hey

Gebedsversoeke en Getuienisse

Ons wil graag saam met jou bid en saam met jou die Here vereer:
https://lewendewoord.churchcenter.com/people/forms/226819