The Bible App is completely free, with no advertising and no in-app purchases. Get the app
NGK PE Nooitgedacht

Kwarantyn Kerk – Huisgeloof vir Sondag, 22 November 2020 en Maandag tot Vrydag, 23 tot 27 November 2020
Geestelike samesyn en geloofsvorming vir kleiner groepe, gesinne en individue.
Locations & Times
NG Kerk Nooitgedacht, Port Elizabeth, South Africa
24 Brabant Rd, Port Elizabeth, 6025, South Africa
Saturday 2:00 PM

Sondag, 22 November
Kom tot rus in God se teenwoordigheid –
Kom tot rus en haal ʼn paar keer diep asem- in… en ... uit.
Sê: Wees stil en weet Ek is God.
Haal ʼn paar keer diep asem.
Sê: Wees stil en weet Ek is.
Haal ʼn paar keer diep asem.
Sê: Wees stil en weet.
Haal ʼn paar keer diep asem.
Sê: Wees stil.
Haal ʼn paar keer diep asem.
Sê: Wees.
Bly in die stilte vir ten minste ʼn minuut.
Amen
Steek nou ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou.
Gebed -
Here ons God, dit is ‘n moeilike tyd waarin ons onsself nou bevind. Gee vir ons vertroue en help ons om afhanklik van U te leef. Gee vir ons kalmte in hierdie storm wanneer vrees en angstigheid as groot golwe op ons afkom. Ons weet nie wat in die toekoms voorlê nie, maar gee vir ons genoeg lig vir die volgende tree. Gee vir ons die sekerheid dat U altyd daar vir ons sal wees. Ons bid dit alles in Jesus Naam.
Amen.
Lees die teksgedeelte, Psalm 100:1-5.

Kinderoomblik -
Gaan staan voor ‘n spieël en hou jou mond baie naby daaraan. Blaas nou jou asem uit. Wat sien jy?
Daar het wasem teen die spieël gevorm van die asem wat jy uitgeblaas het.
Sit nou jou hand voor jou mond en blaas weer jou asem uit. Wat sien jy nou?
Niks…jy sien dalk niks teen jou hand nie, maar jy kon wel die asem wat jy uitgeblaas het, gevoel het teen jou hand.
Staan nou weg van die spieël af en vat jou hand weg voor jou mond. Blaas weer jou asem uit.
Hierdie keer kon jy niks sien of voel as bewys dat daar asem uit jou mond gekom het nie.
Die asem wat jy uitblaas is daar, of jy dit nou sien en voel, of nie. Net so is God die hele tyd by ons al kan ons Hom nie sien nie en soms nie voel nie. Wanneer dit weer vir jou voel jy is alleen en God is nie by jou nie, sit jou hand voor jou mond en asem uit en onthou God is daar by jou, sonder uitsondering.
Moontlike vrae -
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeeltes?
Wat daag jou uit en wat gee jou hoop?
Hoe word jou lewe geraak?
Watter uitnodiging kom deur die Here na jou, om te wees of te doen?
Agtergrond -
Sodra mens Psalm 100 begin lees, ervaar jy hoe die woorde op die bladsy in jubelsange uitbars om die Here te eer! Ons kan amper al die jubelklanke hoor. Die psalm nooi ons uit om in God se teenwoordigheid te kom. Dalk herinner dit ons daaraan om bewus te wees van God se teenwoordigheid, aangesien ons altyd in Sy teenwoordigheid leef. Ons kan beslis op verskillende maniere bewus word daarvan dat ons in God se teenwoordigheid is, deur sang, gebed, stilte, die natuur, en nog verskeie ander dinge.

Praktiese aktiwiteit vir die week -
Doen elke dag die Wees-stil oefening. Dink ook na oor die volgende:
Wat beteken dit vir jou dat God altyd teenwoordig is?
Wat se verantwoordelikheid het jy omdat God altyd teenwoordig is?
Hoe kan jy God se alom teenwoordigheid uitleef?
Gebed - Howard Thurman
Here, skenk aan my uit u genade,
lig waar ek net donker sien,
moed waar ek vrees,
hoop waar ek wanhoop,
vrede waar my gemoed storm,
vreugde waar ek hartseer is,
krag waar ek swak is,
wysheid waar ek verward is,
sagtheid waar ek bitter is, liefde waar ek haat
vergifnis vir my sonde
Úself in die plek van mýself
Here, Here, skenk aan my Úself!
Amen
Seën -
Mag die Here Jesus Christus by jou wees om jou te beskerm;
binne-in jou wees om jou te verfris;
rondom jou wees om jou te bewaar;
voor jou wees om jou te lei;
agter jou wees om jou te regverdig;
bo jou wees om jou te seën.
Hy wat saam met die Vader en die Heilige Gees
leef en regeer – God vir ewig en altyd.

Weekprogram vir 23 tot 27 November 2020
Maandag, 23 November
Kom tot rus in God se teenwoordigheid en steek ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou.
Lees die teksgedeeltes,Psalm 100:1-5 en Esegiël 34:11-16, 20-24. (Dit verskyn heel onderaan, na Vrydag se gedeelte.)
Moontlike vrae -
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeeltes?
Wat daag jou uit en wat gee jou hoop?
Hoe word jou lewe geraak?
Watter uitnodiging kom deur die Here na jou, om te wees of te doen?
Dink na -
Koningkrystyd is die tyd in die jaar waarin ons daarop kan fokus dat dit nou ons, as gelowiges, se beurt is om in die “groot verhaal” op die plank te kom. Dit herinner ons aan ons roeping as gestuurdes of getuies in hierdie lewe. Is daar tye in jou lewe wanneer jy voel jy moet meer kan jubel of getuig oor wat God alles in jou lewe gedoen het?
Sluit af met gebed.

Dinsdag, 24 November
Kom tot rus in God se teenwoordigheid en steek ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou.
Lees die teksgedeeltes, Psalm 100:1-5 en Matteus 25:31-46. (Dit verskyn heel onderaan, na Vrydag se gedeelte.)
Moontlike vrae -
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeeltes?
Wat daag jou uit en wat gee jou hoop?
Hoe word jou lewe geraak?
Wat se die gedeelte vir jou van God en die mens?
Watter uitnodiging kom deur die Here na jou, om te wees of te doen?
Dink na -
As missionêre kerk leef ons in die bewussyn dat God altyd by ons is – in ons. Dink aan maniere om meer bewus te word van God. Oorweeg byvoorbeeld om ‘n ring vir ‘n dag aan ‘n ander vinger te dra en telkens bewus te word van God se teenwoordigheid wanneer jou ring vreemd aan daardie vinger voel.

Woensdag, 25 November
Kom tot rus in God se teenwoordigheid en steek ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou.
Lees die teksgedeelte, Psalm 100:1-5 en Efesiërs 1:15-23. (Dit verskyn heel onderaan, na Vrydag se gedeelte.)
Moontlike vrae -
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeeltes?
Wat daag jou uit en wat gee jou hoop?
Hoe word jou lewe geraak?
Watter uitnodiging kom deur die Here na jou, om te wees of te doen?
Hoe word jy deur die Here uitgenooi om te verander?
Dink na -
Dink aan ‘n keer toe jy werklik bewus geword het van God se teenwoordigheid in jou lewe. Is daar ‘n keer wat vir jou uitstaan, toe jy geweet het: Hier is dit nou beslis God wat Hom aan my openbaar? Wees vandag sensitief en soek na ‘n geleentheid waar jy vir iemand van hierdie ervaring kan vertel.

Donderdag, 26 November
Kom tot rus in God se teenwoordigheid en steek ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou.
Lees die teksgedeeltes, Psalm 100:1-5 en Esegiël 34:11-16, 20-24. (Dit verskyn heel onderaan, na Vrydag se gedeelte.)

Dit kom nie vanself om ingestel op God se teenwoordigheid te leef nie. Dalk kan jy vir die volgende vier dae ‘n spesifieke tyd in jou dag inruim om selfs net vyf minute stil te word en God daarvoor te dank dat Hy in alles by jou is. Dalk kan jy ‘n lied speel of asemhaal en aan God in jou lewe dink.

Vrydag, 27 November
Kom tot rus in God se teenwoordigheid en steek ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou.
Lees die teksgedeeltes, Psalm 100:1-5 en Matteus 25:31-46. (Dit verskyn heel onderaan.)

Matteus 25:35-40 is ‘n bekende deel van die Evangelies. Die Here gebruik soms ander mense om ons daaraan te herinner dat Hy altyd by ons is. Hierdie mense lyk dalk nie altyd soos mense met wie ons wil omgaan nie. Mense om ons is egter God se manier om ons aan Sy teenwoordigheid te herinner. Wie in jou daaglikse lewe herinner jou daagliks of weekliks aan God se teenwoordigheid?