The Bible App is completely free, with no advertising and no in-app purchases. Get the app
NGK PE Nooitgedacht

Kwarantyn Kerk – Huisgeloof vir Sondag, 8 November 2020 en Maandag tot Vrydag, 9 tot 13 November 2020
Geestelike samesyn en geloofsvorming vir kleiner groepe, gesinne en individue.
Locations & Times
NG Kerk Nooitgedacht, Port Elizabeth, South Africa
24 Brabant Rd, Port Elizabeth, 6025, South Africa
Saturday 2:00 PM

Sondag, 8 November
Kom tot rus in God se teenwoordigheid en doen die oefening soos hierbo.
Steek nou ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou.
Gebed -
Thomas Merton
My Here en my God,
Ek het geen idee waarheen my lewenspad my lei nie,
Ek sien nie die pad voor my nie,
Ek weet nie met sekerheid waar dit sal eindig nie.
Ek ken ook nie regtig myself nie en die feit dat ek dink ek volg u wil, beteken nog nie dat ek werklik u wil volg nie.
Maar ek glo dat die begeerte om u te behaag, u wel behaag.
En daardie begeerte het ek in alles wat ek aanpak.
Ek wil niks buite hierdie begeerte doen nie.
En ek weet dat as ek só lewe, U my op die regte pad sal lei,
al is dit ‘n onbekende pad.
Daarom sal ek U altyd vertrou,
Selfs as dit begin lyk of ek verdwaal het
en ek in die dal van doodskaduwee verkeer.
Ek sal nie vrees nie, want U is altyd by my
En U sal my nooit verlaat om teenspoed alleen aan te durf nie.
Amen.
Lees die teksgedeelte, Lukas 24:13-35.

Kinderoomblik -
Volgens die opstandingsverhale in die evangelies het Jesus verskyn aan
● Maria Magdalena
○ saam met die ander Maria
○ met Maria, die moeder van Jakobus en Salomé
○ met Johanna, die moeder van Jakobus en die ander vrou
● Simon Petrus (ook 1 Korintiërs 15:5)
● die dissipels (ook Handelinge 1:6-11)
● Kleopas en die ander volgeling van Jesus (Emmausgangers)
● vyfhonderd (500) volgelinge tegelyk (1 Korintiërs 15:6)
● Paulus (Handelinge 9)
Kyk of jy van hierdie name in die tabel kan herken- die name kan in enige rigting gevind word.

Oplossing is onderaan Sondag se gedeelte.

Moontlike vrae -
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeelte? Wat daag jou uit en wat gee vir jou hoop.
Hoe dink jy het die Emmausgangers gevoel toe hulle op pad terug was huis toe?
Wat het gebeur dat hulle so gevoel het?
Hoe het hulle hierdie gebeure probeer hanteer?
Hoe het Jesus hulle gehelp om sin van hulle swaarkry te maak?
Hoe kan jy jou hartseer, skok of verlies positief hanteer?
Hoe help jou geloof jou in moeilike omstandighede?
Agtergrond -
Vanoggend se gedeelte is die bekende gedeelte van die Emmausgangers.
Hierdie gedeelte is deel van die Lukas se verhaal van Jesus se opstanding en hemelvaart en strek van Lukas 24:1-53. Hierin vertel Lukas ook hoe Jesus sy dissipels voorberei het om as sy getuies te gaan optree.
Twee van Jesus se volgelinge was na sy dood op Paassondag pad weg van Jerusalem af, na die dorp Emmaus toe.
Dit was so 12km se stap. Op hierdie pad het ‘n vreemdeling by hulle aangesluit.
Toe Jesus aan tafel die brood breek, het Jesus Hom aan hulle bekend gemaak. Hulle het Hom erken. Hulle onthou dat iets in hulle gebeur het toe Hy die Skrif aan hulle verduidelik het op die pad. Die vreemdeling was Jesus. Die waarheid vat in hulle harte grond toe die lewende Heer Homself aan hulle openbaar.
Dadelik het Jesus verdwyn. Hulle het dadelik terug gegaan na Jerusalem om vir die ander dissipels die wonderlike nuus te gaan vertel dat Jesus leef.

Prakties -
Wie het dalk die troos, ondersteuning of hoop nodig wat jy kan gee in hierdie moeilike en onsekere tyd?
Bel iemand wat dalk eensaam voel of hartseer is. Vra hoe dit gaan en luister. Bid vir die persoon. Herinner die persoon jy daar vir hom of haar is. Hy of sy hoef nie alleen deur trauma en seerkry te gaan nie.
Hoe kan jy die week wat voorlee ‘n getuie wees van Jesus (met woord en daad)?
Gaan wees ‘n oor, oog en hand vir iemand.
Ek voel…:
Maak ‘n plakkaat vir die huis met verskillende gesiggies met verskillende gesigsuitdrukkings (of emoji’s) op. Elkeen in die huis kan dan soggens, smiddae of saans kans kry om te wys hoe hulle voel en hoekom. Dit kan ook ‘n gesprek begin waar julle aan mekaar erken dat ‘n mens ook soms kwaad, hartseer of bang mag voel en dat hierdie emosies nie sleg of verkeerd is nie.
Doen dinge saam:
In tye van swaarkry, is dit goed om dinge saam te doen. Daarmee herinner julle mekaar daaraan dat julle nie alleen is nie. Maak dalk saam kos, skryf iets saam, maak saam die huis aan die kant of gaan pluk saam blomme.
Wees dankbaar:
Dit is ook goed om dankie te sê vir die goeie dinge in swaar tye. Dalk kan julle briefies skryf of kaartjies maak vir mense (wat julle bygestaan het) in swaar tye.
Gebed -
George Appleton
Heer, my hart is te klein,
my geheue is te swak,
en my wil is nie sterk genoeg nie.
Maak my hart meer ontvanklik,
laat ek die goeie vinniger onthou,
maak my wilskrag sterker...
en maak my nog meer van U teenwoordigheid bewus,
U wat altyd by my is.
Seën -
Mag die Here jou seën en jou beskerm.
Mag die Here Sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees.
Mag die Here Sy gesig na jou toe lig en aan jou vrede gee.

Oplossing vir woord-soek.
Weekprogram vir 9 tot 13 November 2020
Praktiese aktiwiteit vir die week -
Staan vroeg genoeg op om die sonsopkoms te kyk en neem dit af. As jy saam met ander is, groet mekaar met woorde uit 1 Korintiërs 16:22 “Maranata” wat beteken: “Ons Here kom”.
Bind ‘n toutjie om jou arm vir een dag. Elke keer as jy die toutjie sien of voel, dink daaraan dat Jesus op daardie oomblik ook leef en by jou is. Verander hierdie wete jou optrede en keuses?

Maandag, 9 November
Kom tot rus in God se teenwoordigheid en steek ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou.
Lees die teksgedeeltes, Josua 24:1-3, 14-25 en Matteus 25:1-13. (Dit verskyn heel onderaan, na Vrydag se gedeelte.)
Moontlike vrae -
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeeltes?
Wat daag jou uit en wat gee jou hoop?
Hoe word jou lewe geraak?
Watter uitnodiging kom deur die Here na jou, om te wees of te doen?
Dink na -
Josua 24 vertel die verhaal van hoe Israel onder leiding van Josua die verbond met God hernuwe het. Hier is die besef dat ‘n fase in Israel se geskiedenis afloop en ‘n nuwe era aanbreek. Dit beteken die ouer geslag sal plek maak vir ‘n nuwe geslag. Josua bring die leiers van die volk bymekaar om ‘n verbond tussen God en Israel te herbevestig. Twee elemente van hierdie verbondshernuwing val op: Josua beklemtoon dat almal self ‘n keuse moet maak om die Here te dien, en hy spel die gevolge van die keuse uit, naamlik dat hulle die Here net opreg kan dien as hulle van ander gode ontslae raak.
Sluit af met gebed.

Dinsdag, 10 November
Kom tot rus in God se teenwoordigheid en steek ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou.
Lees die teksgedeeltes, Josua 24:1-3, 14-25 en 1 Tessalonisense 4:13-18. (Dit verskyn heel onderaan, na Vrydag se gedeelte.)
Moontlike vrae -
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeeltes?
Wat daag jou uit en wat gee jou hoop?
Hoe word jou lewe geraak?
Wat se die gedeelte vir jou van God en die mens?
Watter uitnodiging kom deur die Here na jou, om te wees of te doen?
Dink na -
Josua spel die keuses uit wat Israel kan maak in vers 14-15. Hulle moet kies wie hulle wil dien: die gode van hulle verre voorvaders, of die gode wat tradisioneel gedien is in die land waar hulle hulle nou vestig, of die Here. ‘n Keuse vir die Here moet in opregtheid en met trou geneem word. Vir Josua en sy familie is daar net een logiese keuse: om die Here te dien.
Met enkele weke van die kerkjaar oor maak dit sin om bestek te neem van die reis tot hier toe en te dink aan die tyd wat voorlê. Dink hoe jy God by jou toekom-, vakansie- en kersfeesplanne betrek. Miskien is dit ‘n goeie tyd om jou verhouding met die Here te vernuwe.

Woensdag, 11 November
Kom tot rus in God se teenwoordigheid en steek ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou.
Lees die teksgedeelte, Josua 24:1-3, 14-25 en Matteus 25:1-13. (Dit verskyn heel onderaan, na Vrydag se gedeelte.)
Moontlike vrae -
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeeltes?
Wat daag jou uit en wat gee jou hoop?
Hoe word jou lewe geraak?
Watter uitnodiging kom deur die Here na jou, om te wees of te doen?
Hoe word jy deur die Here uitgenooi om te verander?
Dink na -
Volgens Josua 24 vers 1 het Josua met die leiers van Israel onderhandel om die verbond met die Here te vernuwe. Sy besluit neem hy namens sy familie. Wanneer kan ‘n individu so ‘n verantwoordlike besluit neem? Hoe lank moet ouers met hulle kinders keuses maak? Wat gebeur wanneer ons jongmense voor keuses stel waarvoor hulle nog nie volwasse genoeg is nie? Dink hieroor na.

Donderdag, 12 November
Kom tot rus in God se teenwoordigheid en steek ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou.
Lees die teksgedeeltes, Josua 24:1-3, 14-25 en 1 Tessalonisense 4:13-18. (Dit verskyn heel onderaan, na Vrydag se gedeelte.)
Moontlike vrae -
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeeltes?
Wat daag jou uit en wat gee jou hoop?
Hoe word jou lewe geraak?
Watter uitnodiging kom deur die Here na jou, om te wees of te doen?
Hoe word jy deur die Here uitgenooi om te verander?
Dink na -
Josua se reaksie in vers 19-20 kan vreemd voorkom. Dit is interessant dat verbonde tussen sterk konings en kleiner volke in daardie dae algemeen bekend was. In sulke verbonde was dit gebruiklik dat uitgespel word hoe die koning die onderhorige groep sal straf as hulle dit sou waag om die verbond tussen hulle te verbreek.
Sluit af met gebed

Vrydag, 13 November
Kom tot rus in God se teenwoordigheid en steek ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou.
Lees die teksgedeeltes, Josua 24:1-3, 14-25 en Psalm 78:1-7. (Dit verskyn heel onderaan.)

Let op hoe daar in Psalm 78 van ‘n ander manier van verbondshernuwing of van die voortsetting van die verbond gepraat word. Ouers neem die verantwoordlikheid om hulle kinders in te lig oor God se roemryke dade. Dit word op so ‘n manier gedoen dat die kinders dit vir hulle toe-eien en op hulle beurt weer aan die volgende geslag kan oorvertel. So kan elke nuwe geslag deel van God se vverbond wees.