JOSUA 24:20-25
JOSUA 24:20-25 AFR83
As julle die Here verlaat en julle dien vreemde gode, sal Hy wat aan julle goed gedoen het, teen julle draai en rampe oor julle bring en 'n end aan julle maak.” Die volk het vir Josua gesê: “Nee, ons sal die Here dien!” Toe sê Josua vir die volk: “Julle is self getuies daarvan dat julle gekies het om die Here te dien,” en hulle antwoord: “Ons is.” Toe sê Josua: “Verwyder dan die vreemde gode tussen julle uit en wy julle heeltemal aan die Here die God van Israel.” En die volk sê vir Josua: “Ons sal die Here ons God dien, ons sal na Hom luister.” Josua het daardie dag vir die volk 'n verbond gesluit en vir hulle daar in Sigem voorskrifte en bepalings vasgelê.

![[Spirit of Leadership] Practice JOSUA 24:20-25 Afrikaans 1983](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F25834%2F1440x810.jpg&w=3840&q=75)



