1
Negemyah 9:16-17
PWL Druk Weergawe (Siries)
PWL
maar hulle en hulle vaders het boos opgetree en was hardkoppig en het nie na U opdragte geluister en dit gedoen nie. Hulle het geweier om gehoorsaam te wees en ook nie gedink aan U wonders wat U tussen hulle gedoen het nie, maar het hulle verstand wil en emosie na hulle bose dade gedraai. Tog is U ’n God wat gereed is om vry te spreek, vol omgee en onverdiende guns, stadig om kwaad te word en gereed om na versoeke te luister en U het hulle nie verlaat nie.
Compara
Explorar Negemyah 9:16-17
2
Negemyah 9:6
U alleen is יהוה, U het die hemel, die hoogste hemel en al sy leërmagte, die aarde en alles wat daarop is, die seë en alles wat daarin is, gemaak en U hou dit alles in stand; die leërmag van die hemel val voor U neer.
Explorar Negemyah 9:6
3
Negemyah 9:19-21
het U in U grote omgee hulle nie verlaat in die wildernis nie; die wolkpilaar het nie bedags van hulle gewyk om hulle op hul reis te lei nie en ook nie die vuurpilaar snags om vir hulle die pad te verlig waarop hulle moes gaan nie. U het U goeie Gees vir hulle gegee om hulle te onderrig en nie ‘man hu’ van hulle monde teruggehou nie en vir hulle water gegee vir hulle dors. Ja, vir veertig jaar lank het U hulle onderhou in die wildernis en hulle het aan niks gebrek gehad nie. Hulle klere het nie verslyt nie en hulle skoene het geen gate in gehad nie.
Explorar Negemyah 9:19-21