Negemyah 9:16-17
Negemyah 9:16-17 PWL
maar hulle en hulle vaders het boos opgetree en was hardkoppig en het nie na U opdragte geluister en dit gedoen nie. Hulle het geweier om gehoorsaam te wees en ook nie gedink aan U wonders wat U tussen hulle gedoen het nie, maar het hulle verstand wil en emosie na hulle bose dade gedraai. Tog is U ’n God wat gereed is om vry te spreek, vol omgee en onverdiende guns, stadig om kwaad te word en gereed om na versoeke te luister en U het hulle nie verlaat nie. Eks 34:6; Num 14:18; Yo’ 2:13; Yon 4:2; Ps 145:8

