YouVersion Logo
Search Icon

GENESIS 10

10
Die nageslag van Jafet, Gam en Sem
(Vgl. 1 Kron. 1:4-23)
1Hier volg besonderhede oor Noag se seuns, Sem, Gam en Jafet. Na die oorstroming is daar ook vir hulle kinders gebore.
2Die nageslag van Jafet:
Gomer, Magog, die Mediërs, die Grieke, Tubal, Mesek en Tiras. 3Die nageslag van Gomer was Askenas, Rifat en Togarma. 4Uit Griekeland het Elisa, Tarsis, die Kittiërs en die Rodaners voortgekom. 5Uit hulle het die mense wat nou die kusstreke bewoon, daarnatoe versprei, volgens hulle stamme en nasies, elkeen met sy eie taal.
6Die nageslag van Gam:
Kus, Egipte, Put en Kanaän. 7Die nageslag van Kus was Seba, Gawila, Sabta, Rama en Sabteka. Die nageslag van Rama was Skeba en Dedan. 8Uit Kus het Nimrod gekom, die eerste maghebber op die aarde. 9Hy was 'n dapper jagter, ook in die oë van die Here. Daarom word daar gesê: “'n Dapper jagter in die oë van die Here, soos Nimrod.”
10Nimrod se koninkryk het begin by Babel, Erek, Akkad en Kalne, almal in Sinar. 11Van hier af het hy na Assirië toe gegaan en Nineve, Regobot-Ir en Kalag gebou, 12asook Resen tussen Nineve en Kalag. Resen was 'n groot stad.
13Uit Egipte weer het gekom die Ludeërs, Anammers, Lehabeërs, Naftoagiete, 14Patrosane en die Kaslugiete uit wie die Filistyne kom, en die Kaftorane. 15Uit Kanaän het gekom Sidon wat as sy oudste seun geld, en verder Het, 16die Jebusiete, Amoriete, Girgasiete, 17Hewiete, Erekiete, Siniete, 18Arwadters, Semariërs en die mense van Hamat. Met verloop van tyd het die Kanaänitiese stamme versprei 19en het hulle grense gestrek van Sidon af tot by Gasa in die rigting van Gerar en tot by Lesa in die rigting van Sodom, Gomorra, Adma en Sebojim.
20Hulle is almal die nageslag van Gam, met hulle eie stamme en tale in hulle eie lande en onder hulle eie nasies.
21Vir Sem is daar ook kinders gebore. Hy was die voorvader van al die Hebreërs. Sy oudste broer was Jafet.
22Die nageslag van Sem:
Elam, Assirië, Arpaksad, Lud en Aram. 23Die nageslag van Aram was Us, Gul, Geter en Mas. 24Uit Arpaksad het Selag gekom, en uit Selag Heber. 25Vir Heber is twee seuns gebore. Die naam van die een was Peleg , want in sy tyd is die land verdeel, en die naam van sy broer was Joktan. 26Uit Joktan het gekom Almodad, Selef, Gasarmawet, Jerag, 27Hadoram, Usal, Dikla, 28Obal, Abimael, Skeba, 29Ofir, Gawila en Jobab. Hulle almal het uit Joktan voortgekom. 30Hulle nedersettings het gestrek van Mesa af in die rigting van Sefar in die oostelike bergwêreld.
31Hulle is almal die nageslag van Sem, met hulle eie stamme en tale, in hulle eie lande en onder hulle eie nasies.
32Dit is die stamme van die seuns van Noag volgens hulle herkoms onder hulle eie nasies. Uit húlle het die nasies oor die aarde versprei ná die oorstroming.

Currently Selected:

GENESIS 10: AFR83

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy