YouVersion Logo
Search Icon

SAGARIA 6

6
Die agste gesig: die strydwaens
1Ek het weer 'n gesig gesien. Daar was vier strydwaens wat tussen twee berge uitgekom het, berge van koper. 2Voor die eerste strydwa was bruin perde en voor die tweede swartes. 3Voor die derde was wit perde en voor die vierde skimmels. 4Ek het vir die engel wat vir my die gesigte moes uitlê, gevra: “Wat beteken dit, Meneer?”
5Hy het vir my gesê: “Die strydwaens het gestaan voor Hom aan wie die hele aarde behoort. Nou gaan hulle in die vier windrigtings. 6Die strydwa met die swart perde gaan noord, dié met die wittes gaan agterna, en dié met die skimmels gaan suid.”
7Toe die skimmel perde wegtrek, wou hulle die aarde deurkruis, maar eers toe die engel sê: “Spring weg, deurkruis die aarde!” het hulle dit gedoen. 8Die engel het vir my geskree: “Kyk, dié wat noord gaan, bring die Gees van die Here daarheen!”
Die bevel om Jesua te kroon
9Die woord van die Here het tot my gekom en gesê: 10Gaan vandag nog na die huis van Josia seun van Sefanja toe waar die ballinge Geldai, Tobija en Jedaja uit Babel aangekom het 11en kry by hulle silwer en goud. Maak dan daarvan 'n kroon en sit dit op die kop van die hoëpriester Jesua, seun van Josadak.
12Dan moet jy vir hom sê: So sê die Here die Almagtige: Daar is 'n man met die naam Loot . Hy maak vinnig opgang en hy sal die tempel van die Here bou. 13Dit is hy wat die tempel van die Here sal bou, dit is hy wat die mag sal besit, wat op die troon sal sit en sal heers. 'n Priester sal saam met hom regeer en daar sal vriendelike oorleg tussen hulle twee wees.
14Die kroon moet in die tempel van die Here bly as 'n gedagtenis aan Geldai, Tobija en Jedaja en aan die goeie gesindheid van die seun van Sefanja.
15Mense sal van ver af kom en aan die tempel van die Here bou, sodat julle sal weet dat die Here die Almagtige my na julle toe gestuur het. Dit sal gebeur as julle in alles gehoorsaam is aan die Here julle God.

Currently Selected:

SAGARIA 6: AFR83

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy