MATTEUS 26:1, 2, 3, 4, 5, 6-7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35
MATTEUS 26:2 AFR83
“Julle weet dat dit oor twee dae paasfees is. Dan word die Seun van die mens oorgelewer om gekruisig te word.”
MATTEUS 26:3 AFR83
In daardie tyd het die priesterhoofde en die familiehoofde van die volk bymekaargekom in die woning van Kajafas, die hoëpriester.
MATTEUS 26:4 AFR83
Hulle het daar saam planne gemaak om Jesus op 'n slinkse manier gevange te neem en dood te maak.
MATTEUS 26:5 AFR83
Hulle het egter gesê: “Nie op die fees nie, sodat daar nie oproer onder die volk kom nie.”
MATTEUS 26:6-7 AFR83
Terwyl Jesus in Betanië in die huis van Simon die melaatse aan tafel was, het 'n vrou by Jesus gekom met 'n albaste fles baie kosbare reukolie en dit op sy kop uitgegiet.
MATTEUS 26:8 AFR83
Toe die dissipels dit sien, was hulle verontwaardig. “Waarom so 'n verkwisting?” vra hulle.
MATTEUS 26:10 AFR83
Jesus het dit gemerk en vir hulle gesê: “Waarom maak julle dit vir die vrou moeilik? Sy het 'n goeie daad aan My gedoen.
MATTEUS 26:12 AFR83
Deur hierdie reukolie op my liggaam uit te giet, het sy My voorberei vir my begrafnis.
MATTEUS 26:13 AFR83
Dit verseker Ek julle: Oral waar hierdie evangelie in die hele wêreld verkondig word, sal daar ook vertel word wat sy gedoen het, tot 'n herinnering aan haar.”
MATTEUS 26:14 AFR83
Toe het een van die twaalf dissipels, die een wat Judas Iskariot genoem is, na die priesterhoofde toe gegaan
MATTEUS 26:15 AFR83
en gesê: “Wat sal julle my gee as ek sorg dat Jesus in julle hande kom?” Hulle het hom toe dertig silwermuntstukke betaal.
MATTEUS 26:17 AFR83
Op die eerste dag van die fees van die ongesuurde brood kom die dissipels na Jesus toe en vra: “Waar wil U hê moet ons gaan regmaak vir U om die paasmaaltyd te eet?”
MATTEUS 26:19 AFR83
Die dissipels het gemaak soos Jesus aan hulle opgedra het, en die paasmaaltyd voorberei.
MATTEUS 26:20 AFR83
Toe dit aand geword het, het Jesus sy plek aan die tafel ingeneem saam met die twaalf.
MATTEUS 26:22 AFR83
Hulle was baie onthuts en een na die ander het Hom begin vra: “Dit is tog nie ek nie, Here?”
MATTEUS 26:23 AFR83
Hy antwoord toe: “Die een wat saam met My sy brood in die skottel insteek, dit is hy wat My sal verraai.
MATTEUS 26:25 AFR83
Toe sê Judas, sy verraaier: “Is dit miskien ek, Rabbi?” Jesus antwoord: “Dit is soos jy sê!”
MATTEUS 26:27 AFR83
Toe neem Hy 'n beker, en nadat Hy die dankgebed uitgespreek het, gee Hy dit vir hulle en sê: “Drink almal daaruit
MATTEUS 26:28 AFR83
want dit is my bloed, die bloed waardeur die verbond beseël word en wat vir baie vergiet word tot vergewing van sondes.
MATTEUS 26:29 AFR83
Ek sê vir julle: Van nou af sal Ek nie weer van hierdie wyn drink nie tot op die dag wanneer Ek saam met julle die nuwe wyn in die koninkryk van my Vader sal drink.”
MATTEUS 26:32 AFR83
“Maar nadat Ek uit die dood opgewek is, sal Ek julle vooruitgaan na Galilea toe.”
MATTEUS 26:33 AFR83
Daarop het Petrus vir Hom gesê: “Al sal hulle U ook almal in die steek laat, ék sal U nooit in die steek laat nie.”
MATTEUS 26:34 AFR83
Toe sê Jesus vir hom: “Dit verseker Ek jou: Vannag nog, voordat die haan kraai, sal jy My drie maal verloën.”
MATTEUS 26:35 AFR83
Petrus sê vir Hom: “Al moet ek saam met U sterwe, ek sal U beslis nie verloën nie!” Al die ander dissipels het ook so gesê.