MATTEUS 23:13, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39
MATTEUS 23:17 AFR83
Blinde dwase! Wat is belangriker: die goud of die tempel waardeur die goud geheilig word?
MATTEUS 23:18 AFR83
Julle sê ook: ‘As iemand by die altaar 'n eed aflê, is hy nie aan sy eed gebind nie, maar as hy by die offergawe bo-op die altaar 'n eed aflê, moet hy die eed nakom.’
MATTEUS 23:19 AFR83
Julle blindes! Wat is belangriker: die offergawe of die altaar waardeur die offergawe geheilig word?
MATTEUS 23:20 AFR83
Wie by die altaar 'n eed aflê, lê 'n eed af by die altaar en by alles wat daarop is.
MATTEUS 23:21 AFR83
Wie by die tempel 'n eed aflê, lê 'n eed af by die tempel en by God wat daarin woon.
MATTEUS 23:22 AFR83
En wie by die hemel 'n eed aflê, lê 'n eed af by die troon van God en by God wat daarop sit.
MATTEUS 23:24 AFR83
Blinde leiers! Julle skep die muggie uit julle beker uit, maar julle sluk die kameel in.
MATTEUS 23:26 AFR83
Blinde Fariseër, maak eers die binnekant van die beker skoon, dan sal sy buitekant ook skoon wees.
MATTEUS 23:28 AFR83
So is julle ook: van buite lyk julle vir mense vroom, maar van binne is julle vol huigelary en minagting van die wet.”
MATTEUS 23:29 AFR83
“Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle hou die grafte van die profete in stand en versier die gedenktekens van die vromes
MATTEUS 23:30 AFR83
en julle sê: ‘As ons in die dae van ons voorvaders gelewe het, sou ons nie medepligtig gewees het aan die vergieting van die bloed van die profete nie.’
MATTEUS 23:31 AFR83
Op dié manier erken julle self dat julle nakomelinge is van die moordenaars van die profete.
MATTEUS 23:36 AFR83
Dit verseker Ek julle: Die straf vir al hierdie dinge sal op die mense van vandag neerkom.”
MATTEUS 23:39 AFR83
Maar Ek sê vir julle: Julle sal My van nou af sekerlik nie sien nie totdat die dag kom wanneer julle sal uitroep: Loof Hom wat in die Naam van die Here kom! ”