MATTEUS 21:12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46
MATTEUS 21:13 AFR83
en vir hulle gesê: “Daar staan geskrywe: ‘My huis sal 'n huis van gebed wees,’ maar julle maak dit 'n rowersnes.”
MATTEUS 21:14 AFR83
Blindes en kreupeles het daar in die tempel na Hom toe gekom, en Hy het hulle gesond gemaak.
MATTEUS 21:16 AFR83
Hulle sê toe vir Hom: “Hoor jy wat sê hulle daar?” “Ja,” antwoord Jesus. “Het julle nooit gelees nie: U het daarvoor gesorg dat kinders en suigelinge u lof sing ?”
MATTEUS 21:17 AFR83
Toe het Hy hulle verlaat en uit die stad uitgegaan na Betanië toe, waar Hy die nag gebly het.
MATTEUS 21:20 AFR83
Toe die dissipels dit sien, was hulle verbaas en het hulle gevra: “Hoe het die vyeboom dan so skielik verdroog?”
MATTEUS 21:24 AFR83
Toe antwoord Jesus hulle: “Ek gaan julle een ding vra, en as julle My daarop antwoord, sal Ek vir julle sê met watter gesag Ek hierdie dinge doen.
MATTEUS 21:26 AFR83
Maar as ons sê: ‘Van mense af,’ kom ons by die mense in die moeilikheid, want almal beskou Johannes as 'n profeet.”
MATTEUS 21:27 AFR83
Toe antwoord hulle vir Jesus: “Ons weet nie.” En Hy sê vir hulle: “Dan sê Ek ook nie vir julle met watter gesag Ek hierdie dinge doen nie.”
MATTEUS 21:28 AFR83
“Wat sê julle hiervan? Daar was 'n man met twee seuns. Hy het vir die een gaan sê: ‘Seun, gaan werk vandag in die wingerd.’
MATTEUS 21:30 AFR83
Die man het toe na die ander seun toe gegaan en vir hom dieselfde gesê. Hy het geantwoord: ‘Goed, Pa,’ maar hy het nie gegaan nie.
MATTEUS 21:34 AFR83
Toe dit tyd geword het vir die druiweoes, het hy van sy slawe na die boere toe gestuur om sy deel van die oes te gaan haal.
MATTEUS 21:35 AFR83
Maar die boere het sy slawe gevang, die een geslaan, en 'n ander een doodgemaak en 'n ander een gestenig.
MATTEUS 21:36 AFR83
Die eienaar het toe weer ander slawe gestuur, meer as die eerstes, maar die boere het met hulle net so gemaak.
MATTEUS 21:37 AFR83
Heel laaste het hy sy seun na hulle toe gestuur met die gedagte: hulle sal tog my seun ontsien.
MATTEUS 21:38 AFR83
Maar toe die boere die seun sien, sê hulle vir mekaar: ‘Dit is die erfgenaam dié. Kom ons maak hom dood en vat sy erfenis.’
MATTEUS 21:43 AFR83
“Daarom sê Ek vir julle dat die koninkryk van God van julle weggeneem sal word en aan 'n volk gegee sal word wat die vrugte daarvan sal lewer.
MATTEUS 21:44 AFR83
“Wie op hierdie klip val, sal verpletter word, en die een op wie hy val, sal hy vermorsel.”
MATTEUS 21:45 AFR83
Toe die priesterhoofde en die Fariseërs Jesus se gelykenisse hoor, het hulle besef dat Hy op hulle sinspeel.
MATTEUS 21:46 AFR83
Daarom wou hulle Hom gevange neem, maar hulle was bang vir die skare, omdat dié Hom as 'n profeet beskou het.