MATTEUS 15:1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 16, 17, 18, 19, 20
MATTEUS 15:1 AFR83
In dié tyd het daar Fariseërs en skrifgeleerdes van Jerusalem af by Jesus gekom en Hom gevra
MATTEUS 15:2 AFR83
“Hoekom verontagsaam u dissipels die oorgelewerde gebruike van die voorgeslagte? As hulle gaan eet, was hulle nie hulle hande nie.”
MATTEUS 15:3 AFR83
“Waarom verontagsaam julle self die gebod van God ter wille van julle oorgelewerde gebruike?” het Jesus geantwoord.
MATTEUS 15:4 AFR83
“God het tog gesê: ‘Eer jou vader en jou moeder’ en: ‘Wie sy vader of sy moeder vloek, moet sekerlik doodgemaak word.’
MATTEUS 15:5 AFR83
Maar julle bepaal: ‘As iemand vir sy pa of sy ma sê: Die hulp wat u van my sou kon kry, maak ek 'n offergawe vir God
MATTEUS 15:6 AFR83
dan hoef hy nie meer sy plig teenoor sy pa na te kom nie.’ So ontneem julle die woord van God sy gesag ter wille van julle oorgelewerde gebruike.
MATTEUS 15:9 AFR83
Dit help niks dat hulle My probeer dien deur leerstellings van mense as gebooie van God voor te hou nie. ”
MATTEUS 15:10 AFR83
Toe het Jesus die menigte nader geroep en vir hulle gesê: “Julle moet nou luister en mooi verstaan!
MATTEUS 15:11 AFR83
Dit is nie wat by die mond ingaan wat die mens onrein maak nie. Maar wat by die mond uitkom, dit maak 'n mens onrein.”
MATTEUS 15:12 AFR83
Daarna het die dissipels na Hom toe gekom en gesê: “Weet U dat die Fariseërs hulle vererg het toe hulle gehoor het wat U sê?”
MATTEUS 15:13 AFR83
Maar Jesus antwoord: “Elke plant wat my hemelse Vader nie geplant het nie, sal uitgetrek word.
MATTEUS 15:14 AFR83
Laat staan hulle maar; hulle is blinde leiers van blindes. As 'n blinde 'n blinde lei, val altwee in die sloot.”
MATTEUS 15:17 AFR83
“Begryp julle nie dat alles wat by die mond ingaan, na die maag toe gaan en daarna uit die liggaam uitgaan nie?
MATTEUS 15:18 AFR83
Maar wat by die mond uitkom, kom uit die hart, en dít is die dinge wat die mense onrein maak.
MATTEUS 15:19 AFR83
Uit die hart kom slegte gedagtes: moord, owerspel, onkuisheid, diefstal, vals getuienis, kwaadpratery.
MATTEUS 15:20 AFR83
Dít is die dinge wat 'n mens onrein maak, maar om met ongewaste hande te eet, maak 'n mens nie onrein nie.”