MATTEUS 14:13, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36
MATTEUS 14:13 AFR83
Toe Jesus dit hoor, het Hy met 'n skuit daarvandaan weggegaan na 'n stil plek om alleen te wees. Die mense het hiervan gehoor en Hom van die dorpe af te voet gevolg.
MATTEUS 14:16 AFR83
Maar Jesus sê vir hulle: “Hulle hoef nie weg te gaan nie. Gee julle vir hulle iets om te eet.”
MATTEUS 14:20 AFR83
Al die mense het geëet en genoeg gekry, en hulle het nog twaalf mandjies vol bymekaargemaak van die stukke brood wat oorgebly het.
MATTEUS 14:21 AFR83
Daar was omtrent vyf duisend mans wat geëet het, afgesien van die vrouens en kinders.
MATTEUS 14:22 AFR83
Net daarna het Jesus sy dissipels in die skuit laat klim om solank voor Hom uit te vaar na die oorkant toe terwyl Hy nog eers die mense huis toe laat gaan.
MATTEUS 14:23 AFR83
Nadat Hy die mense weggestuur het, het Hy alleen na die berg toe gegaan om te bid. Toe dit aand word, was Hy daar alleen.
MATTEUS 14:24 AFR83
Die skuit was reeds 'n paar kilometer van die kus af en is deur die golwe geteister, want die wind was van voor.
MATTEUS 14:26 AFR83
Toe sy dissipels Hom op die see sien loop, het hulle groot geskrik en gesê: “Dis 'n spook!” Van angs het hulle hard begin skreeu.
MATTEUS 14:27 AFR83
Maar Jesus het dadelik met hulle gepraat en gesê: “Wees gerus, dit is Ek. Moenie bang wees nie.”
MATTEUS 14:28 AFR83
Toe sê Petrus vir Hom: “Here, as dit regtig U is, beveel my om op die water na U toe te kom.”
MATTEUS 14:29 AFR83
“Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom.
MATTEUS 14:30 AFR83
Maar toe Petrus sien hoe sterk is die wind, het hy bang geword en begin sink en uitgeroep: “Here, red my!”
MATTEUS 14:31 AFR83
Dadelik het Jesus sy hand uitgesteek, hom gegryp en vir hom gesê: “Kleingelowige, waarom het jy begin twyfel?”
MATTEUS 14:33 AFR83
Die manne in die skuit het voor Jesus gekniel en gesê: “U is waarlik die Seun van God.”
MATTEUS 14:36 AFR83
Hulle het Hom gevra dat die siekes tog maar net aan die soom van sy klere mag raak. En almal wat dit gedoen het, het gesond geword.