LUKAS 23:26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50-51, 52, 53, 54, 55, 56
LUKAS 23:27 AFR83
'n Groot menigte van die volk het agter Jesus aan geloop, onder wie ook vroue wat oor Hom getreur en gehuil het.
LUKAS 23:28 AFR83
Maar Jesus het na hulle toe omgedraai en gesê: “Vroue van Jerusalem, moenie oor My huil nie, huil oor julleself en julle kinders
LUKAS 23:29 AFR83
want daar kom dae waarin hulle sal sê: ‘Hoe gelukkig is die onvrugbare vroue en dié wat nooit 'n kind in die wêreld gebring het of gevoed het nie.’
LUKAS 23:30 AFR83
“Dan sal hulle vir die berge sê: “ ‘Val op ons!’ “en vir die heuwels: “ ‘Bedek ons!’
LUKAS 23:32 AFR83
Daar is ook twee ander, albei misdadigers, weggelei om saam met Jesus tereggestel te word.
LUKAS 23:34 AFR83
Toe sê Jesus: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!” Hulle het sy klere verdeel deur te loot.
LUKAS 23:36 AFR83
Ook die soldate het vorentoe gekom en Hom bespot. Hulle het vir Hom suur wyn aangebied
LUKAS 23:39 AFR83
Een van die misdadigers wat daar gehang het, het Hom gelaster deur te sê: “Is jy dan nie die Christus nie? Red jouself en ons ook!”
LUKAS 23:40 AFR83
Maar die ander een het hom tereggewys en gesê: “Is jy nie bang vir God nie? Jy ondergaan tog dieselfde straf as hierdie man!
LUKAS 23:41 AFR83
In ons geval is dit regverdig, want ons ontvang die verdiende straf vir ons dade. Maar hierdie man het niks verkeerds gedoen nie.”
LUKAS 23:43 AFR83
Jesus antwoord hom: “Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees.”
LUKAS 23:44 AFR83
Dit was al omtrent twaalfuur, toe kom daar duisternis oor die hele land, en dit het tot drie-uur geduur
LUKAS 23:45 AFR83
die son het opgehou om te skyn. Die voorhangsel in die tempel het middeldeur geskeur.
LUKAS 23:46 AFR83
Jesus het hard uitgeroep: “Vader, in u hande gee Ek my gees oor.” Na hierdie woorde het Hy die laaste asem uitgeblaas.
LUKAS 23:47 AFR83
Toe die offisier sien wat gebeur het, het hy God geprys en gesê: “Hierdie man was werklik onskuldig.”
LUKAS 23:48 AFR83
Al die mense wat saamgedrom het om na die skouspel te kyk en gesien het wat daar gebeur het, het verslae huis toe gegaan.
LUKAS 23:49 AFR83
Maar al Jesus se vriende, ook die vroue wat Hom van Galilea af gevolg het, het op 'n afstand bly staan. Hulle het al hierdie dinge gesien.
LUKAS 23:53 AFR83
Nadat hy dit van die kruis afgehaal het, het hy dit in linne toegedraai en in 'n rotsgraf neergelê waarin nog nooit tevore iemand begrawe was nie.
LUKAS 23:55 AFR83
Die vroue wat saam met Jesus van Galilea af gekom het, het saamgeloop en die graf gesien en gekyk hoe sy liggaam neergelê word.
LUKAS 23:56 AFR83
Daarna het hulle huis toe gegaan en reukolie en salf reggemaak. Op die sabbatdag het hulle gerus, soos die gebod bepaal.