LUKAS 1:57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80
LUKAS 1:57 AFR83
Toe die tyd gekom het dat Elisabet se kind gebore moes word, het sy 'n seun in die wêreld gebring.
LUKAS 1:58 AFR83
Haar bure en familie het gehoor dat die Here aan haar groot ontferming bewys het, en hulle was saam met haar bly.
LUKAS 1:59 AFR83
Op die agste dag het hulle gekom om die kindjie te besny, en hulle wou hom Sagaria noem na sy pa.
LUKAS 1:63 AFR83
Hy vra toe 'n skryfbordjie en skryf daarop: “Johannes is sy naam.” En almal was verbaas.
LUKAS 1:65 AFR83
Almal wat rondom hulle gewoon het, is met ontsag vervul, en in die hele bergstreek van Judea is daar baie gepraat oor al hierdie dinge.
LUKAS 1:66 AFR83
Almal wat dit gehoor het, het daaroor nagedink en gevra: “Wat sal hierdie kindjie eendag word?” Dit was duidelik dat die Here by hom was.
LUKAS 1:68 AFR83
“Lofwaardig is die Here, die God van Israel, want Hy het sy volk in genade opgesoek en vir hulle verlossing bewerk.
LUKAS 1:76 AFR83
“En jy, kindjie, 'n profeet van die Allerhoogste sal jy genoem word, want jy sal voor die Here uit gaan om sy pad gereed te maak
LUKAS 1:77 AFR83
om kennis van verlossing aan sy volk mee te deel: verlossing deur vergifnis van hulle sondes
LUKAS 1:78 AFR83
danksy die genadige ontferming van ons God. Soos die môreson sal Hy opgaan en uit die hoogte op ons afstraal
LUKAS 1:79 AFR83
om lig te bring aan dié wat in duisternis en in die skaduwee van die dood lewe, om ons voetstappe te rig op die pad van vrede.”
LUKAS 1:80 AFR83
Die kindjie het opgegroei en sterk geword deur die Gees en het in die woestyn gebly tot op die dag van sy openbare verskyning in Israel.