Toe hy van Sinaiberg af gaan met die twee plat klippe in sy hand, die klippe waarop die getuienis was, was hy nie daarvan bewus dat sy gesig blink geword het terwyl die Here met hom gepraat het nie. Toe Aäron en die Israeliete opmerk dat sy gesig blink, was hulle bang om naby hom te kom. Eers toe Moses hulle nader roep, het Aäron en al die leiers van die volk na hom toe gekom, en hy het met hulle gepraat. Daarna het al die Israeliete nader gekom, en hy het hulle alles beveel wat die Here vir hom op Sinaiberg gesê het. Toe Moses klaar met hulle gepraat het, het hy sy gesig met 'n doek toegemaak. Wanneer Moses na die Here toe gaan om met Hom te praat, verwyder hy die doek tot na sy terugkoms. Wanneer hy van die Here af terugkom, sê hy vir die Israeliete wat die Here hom beveel het. Wanneer die Israeliete sy gesig sien blink, trek Moses die doek oor sy gesig totdat hy weer met die Here gaan praat.
Read EKSODUS 34
Share
Compare All Versions: EKSODUS 34:29-35
Save verses, read offline, watch teaching clips, and more!
YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy
Home
Bible
Plans
Videos