YouVersion Logo
Search Icon

Hooglied 4

4
Hy
1Hoe pragtig is jy nie, my liefste. Hoe glinster jou oë nie van liefde agter jou sluier nie. Jou golwende hare laat my dink aan die dartelende bokkies wat teen Gilead se heuwels afhuppel.
2Jou wit tande is soos ’n kudde pasgebore skape wat skoon gewas is. Elkeen pas bo en onder volmaak op mekaar.
3Jou lippe is soos ’n purper lint en hoe mooi is jou mond tog nie. Jou wange agter die sluier gloei soos twee granate. Dit is mooi en aanloklik.
4Jou nek is elegant soos die Dawidstoring en jou halssnoer blink soos 1 000 skilde.
5Jou twee borste is soos die tweeling van ’n ribbok wat tussen die lelies wei.
6By mirreberg en wierookberg wil ek vertoef totdat die oggendwind opkom en die nag begin verdwyn.
7Hoe mooi is jou liggaam nie, my liefste. Alles is so volkome en volmaak.
8Liefste, laat ons van die baie gevare af wegvlug. Kom saam met my van die Libanonsberge af, van die Amana se top, van die Senir en die Hermonberg waar die leeus en die tiere bly.
9Jy het my hart gesteel, my lief. Jou oë se sagtheid en die krale om jou nek het my hart van liefde laat klop.
10My liefste, hoe kosbaar is jou liefde nie vir my nie. Jou liefde is soveel beter as wyn en jou parfuum geuriger as enige spesery.
11Jou lippe proe heuningsoet, jou tong smaak soos melk en jou klere ruik na die seders van die Libanon.
12My liefste, jy is soos ’n tuin met ’n hoë muur om. Jy is ’n fontein waarvan net ek kan drink, ’n put wat net aan my behoort.
13Jy is soos ’n granaattuin wat blom. Jy is ’n lushof met die allermooiste vrugtebome en die allerheerlikste geure.
14By jou is daar die allerkosbaarste geure van nardus en saffraan, van kalmoes en kaneel, van mirre en al die ander lekkerruikkruie.
15Jy is ’n fontein in my tuin. ’n Fontein van lewende water en net so vars soos die strome van die Libanonsberge.
Sy
16Steek op, Noordewind, en kom, Suidewind. Waai deur my liefling se tuin en vul die lug met die allersoetste geure. Dan sal my liefling na sy tuin toe kom en van sy heerlike vrugte eet.

Currently Selected:

Hooglied 4: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy