YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 64

64
1Vir die musiekleier. ’n Dawidspsalm
2God, help my asseblief as ek oor my probleme bid.
Beskerm my sodat ek nie bang word vir mense wat my kwaad wil aandoen nie.
3Pas my so goed op dat die planne wat bose mense teen my maak, nie uitwerk nie.
Keer dat daardie kwaaddoeners se gekonkel my ontstel.
4Met hulle skerp tonge vernietig hulle mense se lewens.
Hulle woorde is soos giftige pyle wat mense tref.
5Sonder dat die onskuldige mens dit verwag, loop hulle hom onderstebo. Uit die bloute skiet hulle hom. 6Hulle konkel agteraf om mense tot ’n val te bring. Hulle dink niemand sal hulle raaksien nie.
7Hulle beplan om ewe skelm allerhande dinge te doen. Hulle dink hulle bose planne is fyn uitgewerk.
Hulle hou alles ’n groot geheim.
8God sal vinnig met daardie kwaaddoeners afreken.
Sonder dat hulle dit verwag, sal Hy hulle terugkry vir wat hulle gedoen het.
9Hulle slegte planne bring hulle tot ’n val.
Mense wat hulle sien, sal bly wees.
10Dan sal almal vir God groot respek hê oor wat Hy gedoen het.
Hulle sal raaksien wat Hy doen.
11Almal wat die Here dien, sal bly wees omdat hulle Hom dien.
Laat hulle by Hom wegkruip.
Laat almal wat die Here liefhet, Hom prys.

Currently Selected:

Psalms 64: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy