YouVersion Logo
Search Icon

Numeri 7

7
Die offers van die stamme se leiers
1Toe Moses die tabernakel klaar opgeslaan het en die tent met al sy toebehore, asook die altaar waar al die offers aan God gebring word, in gebruik geneem het, 2het die leiers van Israel, dit is die stamleiers wat die sensus opgeneem het, hulle offers vir die Here gebring. 3Hulle het ses waens met seile bo-oor en twaalf osse na die tabernakel toe gebring, een wa vir elke twee leiers en ’n os vir elke leier. 4Toe sê die Here vir Moses: 5“Gebruik hierdie offers om te help met alles wat moet gebeur by die tent waar Ek aanbid word. Gee die waens en osse vir die Leviete sodat hulle dit kan gebruik om hulle te help met hulle werk.” 6Moses het toe die waens en die osse vir die Leviete gegee. 7Hy het vir die Gersongroep twee waens en vier osse gegee 8en vir die Merarigroep vier waens en agt osse om vir hulle werk te gebruik. Hulle het hulle werk onder die toesig van Itamar, Aäron se seun, gedoen. 9Moses het nie vir die Kehatgroep enige waens en osse gegee nie omdat hulle volgens die Here se opdrag die heilige voorwerpe op hulle skouers moes dra.
10Die leiers het ook ander offers gebring toe die offeraltaar in gebruik geneem is. 11Die Here het vir Moses beveel om hulle die offers op verskillende dae na die altaar toe te laat bring.
12-83Op die eerste dag het Amminadab se seun Nagson, uit die stam Juda, sy offer gebring; op die tweede dag Suar, die leier van Issaskar se seun Netanel; op die derde dag Gelon, die leier van Sebulon se seun Eliab; op die vierde dag Sedeür, die leier van Ruben se seun Elisur; op die vyfde dag Suri-Saddai, die leier van Simeon se seun Selumiël; op die sesde dag Reüel, die leier van Gad se seun Eljasaf; op die sewende dag Ammihud, die leier van Efraim se seun Elisama; op die agste dag Pedasur, die leier van Manasse se seun Gamliël; op die negende dag Gidoni, die leier van Benjamin se seun Abidan; op die tiende dag Ammi-Saddai, die leier van Dan se seun Agiëser; op die elfde dag Okran, die leier van Aser se seun Pagiël, en op die twaalfde dag Enan, die leier van Naftali se seun Agira.
Elke leier het presies dieselfde offers gebring: een silwerskottel wat een en ’n half kilogram geweeg het, een silwerbak van 800 gram, albei volgens die standaardgewig van die heiligdom waar God gedien word en vol meel met olie gemeng as graanoffer; een goue wierookpannetjie van 115 gram, vol wierook; een jong bul, een ram en een jaaroud lam as brandoffers; een bokram as sondeoffer; en twee osse, vyf ramme, vyf bokramme en vyf jaaroud lammers as eteoffers.
84Die offers wat die leiers van Israel gebring het toe die altaar ingewy is, was altesaam twaalf silwerskottels, twaalf silwerbakke en twaalf goue wierookpannetjies. 85Elke skottel het een en ’n half kilogram geweeg en elke bak 800 gram. Die silwergereedskap het altesaam 28 kilogram geweeg volgens die standaardgewig van die heiligdom. 86Die twaalf goue pannetjies vol wierook het elkeen 115 gram geweeg volgens die standaardgewig van die heiligdom. Die gewig van al die goue wierookpannetjies was omtrent een en ’n half kilogram. 87Wat die diere betref, was daar twaalf bulle, twaalf ramme, twaalf jaaroud lammers vir die brandoffer, saam met hulle graanoffers, en twaalf bokramme as sondeoffer. 88Die totaal van al die diere wat vir die maaltydoffers gebring is tydens die inwyding van die altaar was: 24 bulle, 60 ramme, 60 bokramme en 60 jaaroud lammers.
89Elke keer as Moses in die tent ingegaan het om met die Here te praat, het hy die stem van die Here gehoor wat met hom praat. Die stem het van die deksel gekom wat bo-op die ark was, daar tussen die figure van die twee gerubs uit. Op hierdie manier het die Here met Moses gepraat.

Currently Selected:

Numeri 7: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy