YouVersion Logo
Search Icon

Hosea 6

6
Onopregte berou
1“Die volk sê: ‘Kom ons gaan terug na die Here toe. Hy het ons nou wel uitmekaargeskeur, maar Hy kan ons weer gesond maak. Hy het ons stukkend geslaan, maar Hy sal ons wonde verpleeg. 2Hy sal ons binne twee dae weer aan die lewe kry. Binne drie dae is ons weer op die been en perdfris om voor Hom te staan. 3Kom ons maak ons vas aan die Here. Ons span ons in om Hom beter te leer ken. So seker soos dit lig word in die oggend; so seker soos daar reën in die lente kom en die aarde natmaak, net so seker sal die Here na ons toe kom om ons te red.”
Die Here laat Hom nie om die bos lei nie
4“Die Here sê: ‘Wat op aarde moet Ek met jou aanvang, Efraim? Wat moet Ek met julle maak, Juda? Julle bly net so lank getrou aan My soos mis wat voor die son verdwyn. Dit hou net so lank soos dou wat vroeg in die oggend al verdwyn. 5Dis hoekom Ek julle stukkend getrap het met die woorde van my boodskappers. Dit is hoekom Ek julle met my woorde uitmekaargeskeur het. My besluit oor julle is so helder soos daglig: 6Ek wil baie eerder hê dat julle by My bly as dat julle van ver af offers vir My slag. Ek wil eerder hê dat julle getrou moet wees aan My as dat julle op altare offers vir My verbrand.
7“Daar by die dorp Adam het hulle my ooreenkoms met hulle verbreek. Hulle het nie aan My getrou gebly nie. 8Gilead is ’n stad vol kwaaddoeners en moordenaars. 9Die mans wat daar offers bring, is soos rowers wat mense langs die pad Sigem toe voorlê om hulle dood te maak. Hulle het gruwelike dinge gedoen. 10Ek het gesien daar gebeur iets vreeslik leliks in Israel. Ek het daar gesien hoe Efraim soos ’n slegte vrou agter ander gode aanloop. Ek het gesien hoe Israel soos ’n ontroue vrou haar man verkul. 11Maar ook vir jou, Juda, wag daar ’n dag dat Ek met jou gaan afreken. Ek gaan kom en alles by my volk verander.”

Currently Selected:

Hosea 6: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy