YouVersion Logo
Search Icon

Genesis 5

5
Die name van die mense wat voor
die groot watervloed geleef het
1Hier is ’n lys van Adam se afstammelinge: Toe God die mense gemaak het, het Hy hulle op so ’n manier gemaak dat hulle na Hom gelyk het. 2Hy het hulle as ’n man en ’n vrou gemaak, hulle geseën en hulle “mens” genoem die dag toe Hy hulle gemaak het.
3Toe Adam 130 jaar oud was, het hy pa geword van ’n seun wat net soos hy gelyk het. Adam het hom Set genoem. 4Na Set se geboorte het Adam nog 800 jaar geleef en ook nog ander seuns en dogters gehad. 5Adam was dus 930 jaar oud toe hy dood is.
6Toe Set 105 was, is sy seun Enos gebore. 7Set het na Enos se geboorte nog 807 jaar geleef en ook nog ander seuns en dogters gehad. 8Set was dus 912 jaar oud toe hy dood is.
9Toe Enos 90 was, is sy seun Kenan gebore. 10Enos het na Kenan se geboorte nog 815 jaar geleef en ook nog ander seuns en dogters gehad. 11Enos was dus 905 jaar oud toe hy dood is.
12Toe Kenan 70 was, is sy seun Mahalalel gebore. 13Kenan het na Mahalalel se geboorte nog 840 jaar geleef en ook nog ander seuns en dogters gehad. 14Kenan was dus 910 jaar oud toe hy gesterf het.
15Toe Mahalalel 65 was, is sy seun Jered gebore. 16Mahalalel het na Jered se geboorte nog 830 jaar geleef en ook nog ander seuns en dogters gehad. 17Mahalalel was dus 895 jaar oud toe hy dood is.
18Toe Jered 162 was, is sy seun Henog gebore. 19Jered het na Henog se geboorte nog 800 jaar geleef en ook nog ander seuns en dogters gehad. 20Jered was dus 962 jaar toe hy oorlede is.
21Toe Henog 65 was, is sy seun Metusalag gebore. 22Henog het sy hele lewe lank baie naby aan God geleef. Na die geboorte van Metusalag het hy nog 300 jaar geleef en ook nog ander seuns en dogters gehad. 23Henog se ouderdom was dus 365 jaar. 24Henog het baie naby aan God geleef, so naby dat hy op ’n dag net nie meer daar was nie. Hy was weg, want God het hom kom haal.
25Toe Metusalag 187 was, is sy seun Lameg gebore. 26Metusalag het na die geboorte van Lameg nog 782 jaar geleef en ook nog ander seuns en dogters gehad. 27Metusalag was dus 969 jaar toe hy gesterf het.
28Toe Lameg 182 was, is sy seun gebore. 29Hy het die seun Noag genoem en gesê: “Hy gaan ons nog moed inpraat as ons sukkel en moeg gewerk is. Hy gaan ons nog troos as ons so swaarkry op die aarde wat die Here vervloek het.”
30Lameg het na die geboorte van Noag nog 595 jaar geleef en ook nog ander seuns en dogters gehad. 31Lameg was dus 777 jaar oud toe hy dood is. 32Noag was 500 jaar oud toe sy seuns, Sem, Gam en Jafet, gebore is.

Currently Selected:

Genesis 5: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy