YouVersion Logo
Search Icon

Prediker 3

3
Magteloos uitgelewer
1Alles gebeur op ’n bepaalde tyd. Alles in die lewe is vooraf bepaal:
2daar is ’n tyd om gebore te word en daar is ’n tyd om dood te gaan;
daar is ’n tyd om te plant en daar is ’n tyd om weer die plante uit te trek;
3daar is ’n vasgestelde tyd om dood te maak en daar is ook ’n tyd om gesond te maak;
daar is ’n tyd om dinge af te breek en ’n tyd om dit te herstel;
4daar is ’n tyd wanneer ’n mens hartseer is en dan is daar ook weer ’n tyd vir vreugde;
daar is ’n tyd om te huil en ’n tyd om weer gelukkig te wees;
5daar is ’n tyd om mekaar lief te hê en ’n tyd om weg van mekaar te wees;
daar is ’n tyd om mekaar te liefkoos en ’n tyd wanneer liefkosing nie pas nie;
6daar is ’n tyd om te soek en ’n tyd om goed te laat wegraak;
daar is ’n tyd om op te gaar en ’n tyd om weg te gooi;
7daar is ’n tyd om iets te skeur en ’n tyd om dit heel te maak;
daar is ’n tyd om te praat en ’n tyd om stil te bly;
8daar is ’n tyd vir liefhê en ’n tyd vir haat;
’n tyd vir oorlog en ’n tyd vir vrede.
9Watter voordeel kry ’n mens dan op die ou end uit al sy harde werk?
God se werk is onverstaanbaar
10God het vir mense ’n baie moeilike werk gegee. Hulle moes probeer om God se werk te verstaan. 11God het alles mooi en op die regte tyd gemaak. Toe het Hy die mense iets laat verstaan van hoe sy soort tyd werk, maar die mense kon niks daarvan verstaan nie. Absoluut niks nie. 12Toe het ek besef al wat die mens maar moet doen, is om gelukkig te wees en die lewe te geniet. 13Om tussen al die harde werk deur nog te kan eet en drink en gelukkig te wees is ’n geskenk uit die hand van God. 14Ek weet dat alles wat God doen, vir altyd sal bestaan. Niemand sal iets daarby voeg of iets daarvan wegneem nie omdat God te groot en te sterk is. 15Wat nou bestaan, het vroeër ook reeds bestaan. En wat nog gaan kom, was alreeds daar. God laat dieselfde dinge weer en weer gebeur.
Onreg in die wêreld
16Ek het om my rondgekyk. Toe sien ek: waar die regte dinge moes gebeur, was daar net onreg. Niemand het gedoen wat God vra nie. 17Ek het gedink daar is ’n tyd om te oordeel en ’n tyd om te straf, en dat God mense wat doen wat Hy sê en sondaars billik sal oordeel. 18Maar dit sal ongelukkig nie gebeur nie, want volgens God is ons niks beter as ’n dier nie. 19Wat met ’n mens gebeur, gebeur ook met ’n dier. Die een gaan net soos die ander dood. Albei het dieselfde asem. Die mens is nie beter as die dier nie. Die lewe is regtig sinloos. 20’n Dooie mens en ’n dooie dier gaan na dieselfde plek toe terug. En dit is die stof waaruit albei gemaak is. 21Wie weet of die mens se asem opstyg en of die dier s’n in die aarde in wegsink?
22Die lewe het my geleer dat die mens dit waarmee hy hom elke dag besig hou, maar moet geniet. Hy kan eintlik nie iets anders nie, want niemand weet wat hierna in die dood gaan gebeur nie.

Currently Selected:

Prediker 3: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy