YouVersion Logo
Search Icon

Deuteronomium 8

8
Dink gereeld terug aan die tyd in die woestyn
1Moses het verder vir hulle gesê: “Bêre alles wat ek jou vandag vertel diep in jou hart weg. En gaan doen dit. Dan sal jy nog lank leef en baie kinders hê. En jy sal ook die nuwe land kan binnegaan en daar gaan woon. 2Jy moet altyd terugdink aan die 40 jaar wat verby is. Kyk altyd terug na die pad waarmee die Here jou deur die woestyn gelei het. Hy het jou swaar laat kry sodat jy nederig kon word en kon leer om sy voorskrifte te gehoorsaam. 3Jy was dikwels honger, maar die Here het vir jou manna gegee. Dit was iets wat jy en jou voorgeslagte nie geken het nie. So wou die Here jou leer dat ’n mens nie van brood alleen kan leef nie, maar dat die beloftes en die woorde van die Here jou ook versadig maak. 4In die 40 jaar wat verby is, het jou klere nie eintlik verslyt nie en het jou voete nie eens geswel van al die stap nie. 5Dink altyd daaraan dat die Here jou in die woestyn soos ’n kind grootgemaak en geleer het. 6So wou Hy jou leer om Hom lief te hê en volgens sy wil te leef.”
’n Wonderlike land lê voor
7“Die Here jou God gaan jou in die goeie land inbring, ’n land van baie water, fonteine en riviere wat oral ontspring; 8’n land van koring en gars, van wingerde, vyebome en granate; ’n land van olyfbome en baie heuning; 9’n land waar daar nooit ’n skaarste aan brood sal wees nie en waarin jy niks sal kortkom nie; ’n land waar die klippe yster is en ’n mens koper sommer uit die berg kap; 10’n land waarin jy baie sal eet en versadig sal word. Wanneer dit gebeur, sal jy die Here jou God loof omdat Hy vir jou goed was en jou in ’n wonderlike land gebring het.”
Moenie die Here vergeet nie
11“Sorg dat jy nooit die Here vergeet nie. En moet nooit ophou om volgens sy wil te leef nie. Luister goed na alles wat ek jou vandag vertel. 12Wanneer jy eendag genoeg het om van te leef en in die mooi huise woon wat jy gebou het, 13en wanneer jou skape en beeste vermeerder het en jou goud, silwer en besittings baie meer geword het, 14moet jy nie te selfvoldaan begin word en die Here wat jou uit die swaarkry van Egipte weggevat het, vergeet nie. 15Onthou, die Here het jou deur ’n groot en verskriklike woestyn gelei waar daar slange, wrede diere en skerpioene was. En in die droë streke was daar geen water nie, maar die Here het vir jou water uit ’n klipharde rots laat kom. 16Onthou, die Here het vir jou manna in die woestyn gegee. Dit was iets wat jy en jou voorouers nie vantevore geken het nie. In die woestyn het Hy jou swaar laat kry, maar Hy was ook baie goed vir jou. 17Daarom moet jy nooit dink jy het met jou eie krag ryk en sterk geword nie. 18Dink altyd aan die Here, want dit is Hy wat jou gehelp het om ryk te word. Hy het dit gedoen omdat Hy tot vandag toe getrou is aan die beloftes wat Hy aan Abraham, Isak en Jakob gemaak het. 19Wanneer jy egter die rug vir die Here draai en ander gode begin dien, sal die Here jou vernietig. Dit sê Hy vandag baie duidelik vir jou. 20As jy nie na die Here luister nie, is dit klaarpraat met jou. Jy sal soos die nasies omkom wat Hy ter wille van jou uit jou nuwe land gaan jaag.”

Currently Selected:

Deuteronomium 8: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy