YouVersion Logo
Search Icon

PSALMS 84

84
Hoe lieflik is u woninge!
1VIR die musiekleier; op die Gittiet. Van die kinders van Korag. 'n Psalm.
2Hoe lieflik is u woninge, o Here van die leërskare!
3 My siel verlang, ja, smag na die voorhowe van die Here; my hart en my vlees jubel uit tot die lewende God.
4Selfs vind die mossie 'n huis en die swaweltjie 'n nes vir haar, waar sy haar kleintjies neerlê, naamlik u altare, Here van die leërskare, my Koning en my God!
5Welgeluksalig is hulle wat woon in u huis; hulle prys U gedurig. Sela.
6Welgeluksalig is die mens wie se sterkte in U is, in wie se hart die gebaande weë is.
7As hulle deur die Droë Laagte trek, maak hulle dit 'n fonteinland; ook oordek die vroeë reën dit met seëninge.
8Hulle gaan van krag tot krag; elkeen van hulle sal verskyn voor God in Sion.
9 Here, God van die leërskare, hoor my gebed; luister tog, o God van Jakob! Sela.
10 o God, ons skild, kyk en aanskou die aangesig van u gesalfde.
11Want 'n dag in u voorhowe is beter as duisend; ek wil liewer by die drumpel staan in die huis van my God as om te woon in die tente van goddeloosheid.
12Want die Here God is 'n son en skild; die Here sal genade en eer gee; Hy sal die goeie nie onthou aan die wat in opregtheid wandel nie.
13 Here van die leërskare, welgeluksalig is die mens wat op U vertrou!

Currently Selected:

PSALMS 84: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy