YouVersion Logo
Search Icon

PSALMS 73

73
Die groot raaisel.
1 'n PSALM van Asaf.
Waarlik, God is goed vir Israel, vir die wat rein van hart is.
2Maar wat my aangaan, my voete het amper gestruikel, my voetstappe het byna uitgegly.
3 Want ek was afgunstig op die onsinniges toe ek die voorspoed van die goddelose mense sien.
4Want daar is geen kwellings by hulle nie, gesond en vet is hulle liggaam.
5In die moeite van sterwelinge is hulle nie, en saam met ander mense word hulle nie geplaag nie.
6Daarom is die trots om hulle soos 'n halssieraad, die geweld bedek hulle soos 'n gewaad.
7Hulle oë puil uit van vet; die inbeeldinge van die hart loop oor.
8Hulle spot en spreek in boosheid verdrukking; hulle spreek uit die hoogte.
9Hulle stel hul mond teen die hemel, en hul tong wandel op die aarde.
10Daarom draai hulle mense hul hierheen, en waters in volheid word deur hulle geslurp.
11En hulle sê: Hoe sou God dit weet, en sou daar kennis by die Allerhoogste wees?
12Kyk, so is die goddelose mense, en altyd onbesorg vermeerder hulle die rykdom!
13 Waarlik, tevergeefs het ek my hart rein gehou en my hande in onskuld gewas.
14Die hele dag tog is ek geslaan, en my tugtiging was daar elke môre.
15As ek gesê het: Ek wil óók so spreek — dan sou ek ontrou gewees het aan die geslag van u kinders!
16Toe het ek nagedink om dit te verstaan, maar dit was moeite in my oë,
17totdat ek in die heiligdomme van God ingegaan en op hulle einde gelet het.
18Waarlik, U stel hulle op gladde plekke; U laat hulle in puin val.
19Hoe word hulle in 'n oomblik 'n voorwerp van verbasing, vergaan hulle, raak hulle tot niet deur verskrikkinge!
20 Soos 'n droom nadat 'n mens wakker word, o Here, so verag U, as U opwaak, hulle beeld!
21Toe my hart bitter gestemd en ek in my niere geprikkel was,
22toe was ék dom en het niks geweet nie; ek was 'n dier by U.
23Nogtans is ek altyddeur by U; U het my regterhand gevat.
24 U sal my lei deur u raad en my daarna in heerlikheid opneem.
25Wie het ek buiten U in die hemel? Buiten U begeer ek ook niks op die aarde nie.
26Al beswyk my vlees en my hart — God is die rots van my hart en my deel tot in ewigheid.
27Want kyk, die wat hulle ver van U af hou, vergaan; U roei almal uit wat van U afhoereer.
28Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees; in die Here Here het ek my toevlug gestel, om al u werke te vertel.

Currently Selected:

PSALMS 73: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy