PSALMS 6
AFR53
6
’n Boetpsalm in groot benoudheid.
1VIR die musiekleier; #Ps. 4:1met snaarinstrumente; met basstem. ’n Psalm van Dawid.
2 o Here, straf my nie in u toorn nie, en #Jer. 10:24kasty my nie in u grimmigheid nie.
3Wees my genadig, Here, want ek is verswak; #Ps. 30:3; 41:5; 147:3; Jer. 17:14maak my gesond, Here, want my gebeente is verskrik.
4Ja, my siel is baie verskrik; en U, Here, tot hoe lank?
5 # Ps. 90:13 Keer terug, Here, red my siel; verlos my om u goedertierenheid ontwil.
6 # Ps. 30:10; 88:6,11-13; 115:17; Jes. 38:18 Want in die dood word aan U nie gedink nie; wie sal U loof in die doderyk?
7Ek is moeg van my gesug; elke nag laat ek my bed swem; ek deurweek my bed met my trane.
8 # Ps. 31:10 My oog het dof geword van verdriet; dit het swak geword vanweë al my teëstanders.
9 # Mt. 7:23; 25:41 Gaan weg van my, al julle werkers van ongeregtigheid, want die Here het die stem van my geween gehoor.
10Die Here het my smeking gehoor; die Here neem my gebed aan.
11Al my vyande sal beskaamd staan en baie verskrik word; hulle sal in ’n oomblik beskaamd omdraai.

Verskaf met die komplimente van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. © Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Ondersteun ons en word ‘n saaier van hoop.

Learn More about the Afrikaans 1933/1953