Parallel
121
Op pad.
1 # Ps. 120:1 ’n BEDEVAARTSLIED.
Ek slaan my oë op na #Ps. 125:2die berge: waar sal my hulp vandaan kom?
2 # Ps. 124:8 My hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak het.
3Hy kan #Ps. 66:9jou voet nie laat wankel nie; jou #Ps. 127:1Bewaarder kan nie sluimer nie.
4Kyk, die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie.
5Die Here is jou Bewaarder; die Here is jou #Ps. 91:1skaduwee aan jou regterhand.
6 # Ps. 91:5; Jes. 49:10; Openb. 7:16 Die son sal jou bedags nie steek nie, die maan ook nie by nag nie.
7Die Here sal jou bewaar vir elke onheil; #Ps. 97:10jou siel sal Hy bewaar.
8Die Here sal #Deut. 28:6jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid.