PSALMS 120
AFR53
120
Gebed om beskerming teen lastertonge.
1 # Ps. 121 – 134, verse 1; Ps. 42:5; Jes. 30:29 ’n BEDEVAARTSLIED.
Ek roep die Here aan in my benoudheid, en Hy verhoor my.
2 o Here, red my siel van die valse lippe, van die bedrieglike tong!
3Wat sal Hy jou gee of wat vir jou daaraan toevoeg, o bedrieglike tong?
4Skerp pyle van ’n held saam met gloeiende kole van besembosse.
5Wee my dat ek as vreemdeling vertoef in #Gén. 10:2; Eség. 27:13Meseg, dat ek by die tente van #Jes. 60:7Kedar woon!
6Te lank al woon my siel by die wat die vrede haat.
7Ek is vredeliewend; maar as ek spreek, is hulle op oorlog uit.

Verskaf met die komplimente van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. © Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Ondersteun ons en word ‘n saaier van hoop.

Learn More About Afrikaans 1933/1953