YouVersion Logo
Search Icon

SPREUKE 2

2
Die waarde van wysheid.
1MY seun, as jy my woorde aanneem en my gebooie by jou bewaar,
2sodat jy jou oor laat luister na wysheid, jou hart neig tot verstand;
3ja, as jy na die insig roep, na die verstand jou stem verhef,
4as jy daarna soek soos na silwer en dit naspeur soos verborge skatte,
5dan sal jy die vrees van die Here verstaan en die kennis van God vind
6(want die Here gee wysheid, uit sy mond kom kennis en verstand,
7en Hy bewaar hulp vir die opregtes, Hy is 'n skild vir die wat regskape wandel
8deurdat Hy die paaie van die reg bewaak en die weg van sy gunsgenote bewaar);
9dan sal jy geregtigheid en reg verstaan en regverdigheid — elke goeie pad.
10Want wysheid sal in jou hart kom, en kennis vir jou siel lieflik wees;
11oorleg sal oor jou wag hou, verstand sal jou bewaak,
12om jou te red van die weg van die slegte, van die mens wat valse dinge spreek;
13 van die wat die paaie van opregtheid verlaat om op weë van duisternis te wandel;
14 die wat hulle verheug in kwaaddoen, wat juig oor die valse streke van die slegte,
15van wie die paaie verkeerd is, en wat afwyk in hulle spore;
16om jou te red van die vreemde vrou, van die ontugtige wat met haar woorde vlei
17(wat die vriend van haar jeug verlaat, en die verbond van haar God vergeet;
18want haar huis sink weg na die dood en haar paaie na die skimme;
19almal wat by haar ingaan, kom nie terug nie en bereik die paaie van die lewe nie)
20sodat jy kan wandel op die weg van die goeies en die paaie van die regverdiges kan hou;
21want die opregtes sal die land bewoon, en die regskapenes daarin oorbly,
22maar die goddelose sal uit die land uitgeroei, en die ontroues sal daaruit weggeruk word.

Currently Selected:

SPREUKE 2: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy