YouVersion Logo
Search Icon

JOB 36

36
As God beproewinge stuur, dan is dit om die mens te waarsku.
1EN Elíhu het voortgegaan en gesê:
2Wag 'n bietjie op my, en ek sal u inlig; want daar is nog genoeg te sê tot eer van God.
3Ek sal my kennis van ver af ophaal en aan my Skepper reg verskaf.
4Want waarlik, my woorde is geen leuens nie; een wat volkome is in kennis, is by u.
5Kyk, God is geweldig, nogtans ag Hy niks gering nie — geweldig deur krag van verstand.
6Hy laat die goddelose nie lewe nie, maar aan die ellendiges verskaf Hy reg.
7Hy trek sy oë nie af van die regverdige nie, maar by konings op die troon laat Hy hulle sit vir altyd, sodat hulle verhoog is.
8Maar as hulle in kettings geklink is, gevang word in bande van ellende,
9dan gee Hy aan hulle hul dade te kenne en hul oortredinge, dat hul gedrag hoogmoedig was;
10 dan open Hy hulle oor vir die tugtiging en sê dat hulle moet terugkeer van ongeregtigheid.
11As hulle luister en Hom dien, dan bring hulle hul dae deur in voorspoed en hul jare in aangenaamheid.
12Maar as hulle nie luister nie, dan kom hulle om deur die spies, en hulle blaas die asem uit sonder kennis.
13Maar die goddelose van hart koester nyd; hulle roep nie om hulp as Hy hulle bind nie.
14So sterwe dan hulle siel in die jeug en hulle lewe soos dié van skandseuns.
15Hy red die ellendige deur sy ellende en open hulle oor deur verdrukking.
Laat Job dan voordeel trek uit die beproewinge en God verheerlik.
16SO lok Hy u dan ook uit die mond van die nood na 'n onbeperkte ruimte en na die behaaglikheid van u tafel wat vol is van vetspys.
17Maar u is vol van die oordeel oor die goddelose: oordeel en strafgerig sal u aangryp.
18Want pas op dat woede u nie verlok by die bestraffing en die grootheid van die losprys u nie verlei nie.
19Sal Hy u geroep om hulp voorbring waar daar geen nood is nie, en alle moontlike kragsinspanning van u?
20Smag nie na die oordeelsnag wat volke wegneem uit hulle plek nie.
21Neem u in ag, wend u nie tot ongeregtigheid nie; want dit verkies u liewer as ellende.
22Kyk, God handel verhewe in sy krag; wie is 'n leermeester soos Hy?
23Wie het Hom sy weg voorgeskrywe? En wie het gesê: U het onreg gedoen?
24Dink daaraan dat u sy werk moet verheerlik waar die mense van sing.
25Al die mense sien dit met welgevalle aan, die sterfling aanskou dit van ver.
26Kyk, God is groot en onbegryplik vir ons; die getal van sy jare is onnaspeurlik.
27Want Hy trek waterdruppels af; hulle sif neer by sy mistige weer as reën
28wat die wolke laat neerstroom, laat afdrup op baie mense.
29Ja, kan iemand die uitspreiding van die wolke verstaan, die gekraak van sy hut?
30Kyk, Hy sprei sy lig oor Hom uit, en die dieptes van die see oordek Hy.
31Want daarmee oordeel Hy die volke, gee Hy voedsel in oorvloed.
32Altwee sy hande oordek Hy met weerlig en gee daaraan bevel teen die aanvaller.
33Sy donderstem kondig Hom aan, die vee selfs dat Hy optrek.

Currently Selected:

JOB 36: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy