YouVersion Logo
Search Icon

JOB 32

32
Die woorde van Elíhu.
1TOE het dié drie manne opgehou om Job te antwoord, omdat hy in sy eie oë regverdig was.
2En die toorn van Elíhu, die seun van Barágeël, die Busiet, uit die geslag van Ram, het ontvlam; teen Job het sy toorn ontvlam, omdat hy homself regverdig beskou het voor God.
3Sy toorn het ook ontvlam teen sý drie vriende, omdat hulle geen antwoord gevind het nie en Job veroordeel het.
4Maar Elíhu het op Job gewag met sy woorde, omdat hulle ouer was as hy.
5Maar toe Elíhu sien dat daar geen antwoord was in die mond van die drie manne nie, het sy toorn ontvlam.
Elíhu spreek die vriende van Job toe.
6EN Elíhu, die seun van Barágeël, die Busiet, het begin en gesê: Ek is jonk, en u is hoogbejaard; daarom was ek beskroomd en het gevrees om my kennis aan u mee te deel.
7Ek het gesê: Laat die dae spreek en die veelheid van jare wysheid te kenne gee.
8Maar dit is die Gees in die mens en die asem van die Almagtige wat hulle verstandig maak.
9 Nie die bejaardes is wys nie, en nie die oues verstaan wat reg is nie.
10Daarom sê ek: Luister na my; ek wil ook my kennis meedeel.
11Kyk, ek het gewag op u woorde; ek wou luister na verstandige taal van u, totdat u die regte woorde uitgevind het.
12En ek het op u ag gegee; maar kyk: daar was niemand wat Job weerlê het nie, niemand van u wat sy woorde beantwoord het nie.
13Sê maar net nie: Ons het wysheid aangetref, God alleen kan hom verslaan, geen mens nie.
14Teen my tog het hy geen woorde ingebring nie; en met u redeneringe sal ek hom nie beantwoord nie.
Dat Job se vriende uit die veld geslaan is — dit sal hom nie stil maak nie.
15HULLE staan verslae; hulle antwoord nie meer nie; die woorde laat hulle in die steek.
16Sal ek dan wag, omdat hulle nie spreek nie, omdat hulle daar staan sonder antwoord?
17Ek wil ook my deel antwoord; ek wil ook my kennis meedeel.
18Want ek is vol woorde; die gees in my binneste dring my.
19Kyk, my binneste is soos wyn wat geen opening het nie, soos nuwe leersakke wil dit bars.
20Ek wil spreek om lug te kry, my lippe oopmaak en antwoord gee.
21Ek wil nie partydig wees nie; en 'n mens vlei, sal ek nie.
22Want ek verstaan nie om te vlei nie; gou sou my Maker my wegneem!

Currently Selected:

JOB 32: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy