YouVersion Logo
Search Icon

JOB 18

18
Bildad verwyt Job en sy geesverwante dat nie hulle (Job se vriende) dom is nie, maar dat Job homself nutteloos verteer in sy hartstog.
1TOE het Bildad, die Suhiet, geantwoord en gesê:
2Hoe lank wil julle jaag agter woorde? Word verstandig, en daarna sal ons spreek.
3Waarom word ons as vee gereken, is ons dom in julle oë?
4Jy, iemand wat homself verskeur in sy toorn — sal om jou ontwil die aarde verlate wees of 'n rots uit sy plek versit word?
Job vergis hom, sê Bildad, die sondaar is nie voorspoedig nie, maar sy pad is vol gevaar en onheil.
5JA, die lig van die goddelose gaan dood, en die vlam van sy vuur bly nie flikker nie.
6Die lig in sy tent word duisternis, en sy lamp bo hom gaan dood.
7Sy geweldige treë word ingekort, en sy eie plan gooi hom omver.
8Want hy raak in 'n net deur sy eie voete, en hy loop oor die vlegwerk van 'n vangkuil.
9'n Vangnet gryp sy hakskeen, 'n strik hou hom vas.
10'n Tou is vir hom verberg in die grond en 'n valstrik vir hom op die pad.
11 Verskrikkinge beangstig hom aan alle kante en jaag hom so ver as hy gaan.
12Sy onheil het honger, en die ondergang staan gereed vir sy val.
13Die eersgeborene van die dood verteer die lede van sy liggaam, hy verteer sy lede.
14Weggeruk word hy uit sy tent, die voorwerp van sy vertroue; en dit laat hom aanstap na die koning van die verskrikkinge.
Ná sy dood kom die kwaaddoener in oneer en word vergeet.
15DAAR woon in sy tent iets wat hom nie toebehoort nie; swawel word gestrooi oor sy woning.
16Onder verdroog sy wortels, en bo verwelk sy tak.
17 Sy gedagtenis vergaan van die aarde af, en hy het geen naam op die wye veld nie.
18Hulle stoot hom uit die lig in die duisternis, en uit die wêreld verjaag hulle hom.
19Hy het geen kroos of nageslag onder sy volk en niemand wat oorbly in sy wonings nie.
20Oor sy dag staan die mense van die Weste verskrik, en siddering gryp die mense van die Ooste aan.
21Sekerlik, so gaan dit met die wonings van die kwaaddoener en so met die plek van hom wat God nie ken nie.

Currently Selected:

JOB 18: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy