YouVersion Logo
Search Icon

JOB 13

13
Job bestraf sy vriende dat hulle hom op valse gronde veroordeel, terwyl hulle maak of dit tot groter heerlikheid van God is!
1KYK, alles het my oog gesien, my oor gehoor en opgemerk.
2Wat julle weet, weet ek ook: ek staan nie vir julle terug nie.
3Maar ék sal met die Almagtige spreek, en ek verlang om te pleit by God.
4Maar julle pleister met leuens, kwaksalwers is julle almal.
5Ag, as julle maar heeltemal sou swyg — dan sou dit vir julle wysheid wees!
6Hoor tog na my verantwoording, en luister na die aanvalle van my lippe.
7Wil julle, tot verdediging van God, onreg spreek en ten behoewe van Hom bedrog laat hoor?
8Wil julle vir Hom partydig wees? Of wil julle vir God pleit?
9 Sal dit goed wees as Hy julle ondersoek? Of wil julle Hom bedrieg soos 'n mens bedrieg word?
10Hy sal julle sekerlik straf as julle in die geheim partydig is.
11Sal sy hoogheid julle nie verskrik nie, en die skrik vir Hom julle nie oorval nie?
12Julle kernspreuke is spreuke van as, julle skanse word skanse van klei.
Maar sy eie gewete gee hom moed, en hy vra sy vriende om te luister terwyl hy sy saak by God bepleit.
13LAAT my met rus; dan wil ék spreek; laat dan oor my kom wat wil.
14Waarom sou ek my vlees in my tande neem en my lewe neerlê in my hand?
15Kyk, al wil Hy my ombring — ek hoop op Hom; ek sal tog my wandel voor sy aangesig bepleit.
16Ook is dit my tot heil dat 'n goddelose voor sy aangesig nie sal kom nie.
17Luister goed na my rede en gee gehoor aan my verklaring.
18Kyk tog, ek dra die regsaak voor; ek weet dat ék reg sal hê.
19 Wie durf my dan bestry? Ja, dan sou ek swyg en sterwe.
20Moet my net twee dinge nie aandoen nie, dan sal ek my vir u aangesig nie verberg nie:
21 trek u hand weg van my af, en laat die skrik vir U my nie beangstig nie.
22Klaag dan maar aan, en ék sal antwoord; of ek sal spreek, en gee U my antwoord.
23Hoeveel is my ongeregtighede en sondes; maak my my oortreding en sonde bekend.
24 Waarom verberg U u aangesig en hou my vir 'n vyand van U?
25Wil U 'n verwaaide blaar skrik aanja en die droë stoppel agtervolg,
26dat U bitter dinge oor my beskik en my die ongeregtighede van my jeug laat erwe,
27 en dat U my voete in die blok sit en al my paaie bewaak? U trek vir U 'n streep om die sole van my voete;
28en dít iemand wat verval soos hout wat weggevreet is, soos 'n kleed wat die mot verteer.

Currently Selected:

JOB 13: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy