YouVersion Logo
Search Icon

KOLOSSENSE 4

4
1 BETOON reg en billikheid, here, aan julle diensknegte, omdat julle weet dat julle ook 'n Here in die hemele het.
Vermaning om te bid en wysheid te betrag.
2 VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging;
3en bid tegelykertyd ook vir ons, dat God vir ons die deur van die woord mag open om te spreek van die verborgenheid van Christus, waarvoor ek ook in boeie is,
4dat ek dit openbaar kan maak soos ek dit behoort te spreek.
5Wandel in wysheid teenoor die wat buite is, en koop die tyd uit.
6Laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle iedereen moet antwoord.
Sending van Tíchikus en Onésimus. Groete.
7 AL my omstandighede sal Tíchikus, die geliefde broeder en getroue dienaar en mededienskneg in die Here, julle bekend maak.
8Ek het hom na julle gestuur juis hiervoor, om julle toestande te leer ken en julle harte te vertroos,
9saam met Onésimus, die getroue en geliefde broeder wat van julle mense is. Hulle sal julle alles bekend maak wat hier voorval.
10Aristárchus, my medegevangene, groet julle; en Markus, die neef van Bárnabas, oor wie julle bevele ontvang het — as hy by julle kom, ontvang hom —
11ook Jesus wat Justus genoem word, manne wat uit die besnydenis is. Hulle alleen is my medewerkers vir die koninkryk van God en hulle was 'n troos vir my.
12 Épafras wat een van julle is, 'n dienskneg van Christus, groet julle en stry altyd vir julle in die gebede, dat julle volmaak en volkome mag staan in die ganse wil van God.
13Want ek getuig van hom dat hy 'n groot ywer het vir julle en vir die wat in Laodicéa en die wat in Hiërápolis is.
14Die geneesheer Lukas, die geliefde, en Demas groet julle.
15Groet die broeders in Laodicéa en Nimfas en die gemeente wat in sy huis is.
16En wanneer hierdie brief by julle gelees is, sorg dat dit ook in die gemeente van die Laodicense gelees word en dat julle ook dié uit Laodicéa lees.
17En sê aan Archíppus: Gee ag op die bediening wat jy ontvang het in die Here, dat jy dit vervul.
18 Die groete van Paulus, met my eie hand. Dink aan my boeie. Die genade sy met julle! Amen.

Currently Selected:

KOLOSSENSE 4: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy