Romeine 16
16
1Ek vertrou aan julle toe, ons suster Foibe, wat ’n diensmaagd is van die gemeente in Kengreai
2sodat julle haar kan aanvaar in ons Meester, soos dit by afgesonderdes pas en haar help in elke saak waarin sy julle hulp mag vra, want sy was ook vir baie ’n hulp en ook vir my.
3Stuur vrede vir Priskilla en Akulas, my medewerkers in Yeshua, Die Gesalfde Een,
4wat ter wille van my lewe hulle nekke gewaag het en nie ek alleen dank hulle nie, maar ook al die gemeentes van die ander nasies.
5Groet ook die gemeente by hulle aan huis. Stuur vrede vir Epaenetos, vir wie ons lief is, wat die eerste vrug vanuit Agaia vir Die Gesalfde Een is.
6Stuur vrede vir Miryam wat hard gewerk het onder julle.
7Stuur vrede vir Andronikos en Younias, my familie en medegevangenes, wat geken is deur die afgevaardigdes en reeds voor my in Die Gesalfde Een was.
8Stuur vrede vir Amplias, wat ek lief het in die Meester.
9Stuur vrede vir Ourbanos, ons medewerker in Die Gesalfde Een en Stagus, vir wie ek lief is.
10Stuur vrede vir Apelles, gekies in Die Gesalfde Een. Stuur vrede vir hulle wat van die huis van Aristoboulos is.
11Stuur vrede vir Herodion, my familie. Stuur vrede vir hulle wat van die huis van Narkissos is, hulle wat in die Meester is.
12Stuur vrede vir Troefaina en Troefosa, wat in ons Meester gearbei het. Stuur vrede vir Persis, vir wie ek lief is, wat hard gewerk het in die Meester.
13Stuur vrede vir Roufos, wat gekies is deur die Meester, sy en my moeder.
14Stuur vrede vir Asoenkritos, Flegon en die broers wat saam met hulle is en vir Hermas, Patrobas en Hermes.
15Stuur vrede vir Filologos, Youlia, Nereus en sy suster, Olumpas en al die afgesonderdes wat saam met hulle is.
16Stuur vrede vir mekaar met ’n afgesonderde soen. Al die gemeentes van Die Gesalfde Een stuur vrede vir julle.
17Ek versoek julle, my broers: wees versigtig vir hulle wat verdeeldheid en struikeling veroorsaak buite die leringe wat julle geleer het. Julle moet wegbly van hulle af,
18want sulke mense dien nie ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een nie, maar hulle eie maag en hulle mislei die verstand, wil en emosie van die reines deur hulle soet woorde en seëninge.
19Julle gehoorsaamheid het oral bekend geword; daarom verbly ek my oor julle en ek wens dat julle wys mag wees oor wat goed is, `Am 5:15 maar onskuldig oor wat boos is. Rom 12:9
20Die God van vrede, vreugde, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid sal die teëstander spoedig onder julle voete verbrysel. Gen 3:15 Die onverdiende guns van ons Meester Yeshua, Die Gesalfde Een, sal by julle bly!
21Timotheos, my medewerker, stuur vrede vir julle en Loukios en Yasoon en Sosipatros, my broers.
22Ek, Tertios, wat die brief neergeskryf het, stuur vrede vir julle in die Meester.
23Gaios, my gasheer, asook die hele gemeente, stuur vrede vir julle. Erastos, die tesourier van die stad en die broer Kuartos stuur vrede vir julle.
24Aan God, wat in staat is om my goeie boodskap - aangaande Yeshua, Die Gesalfde Een, wat aan julle verkondig is volgens die openbaring van die geheimenisse wat van die tye van die wêreld af weggesteek is,
25maar in hierdie tyd openbaar is en deur Skrifte van die profete en deur die opdrag van die ewige God, onder al die nasies vir die aanhoor deur vertroue, geleer is - aan julle te bevestig,
26aan die alleenwyse Een, die eer, lof en aanbidding deur Yeshua, Die Gesalfde Een, tot in tydlose ewigheid! Dit is waar!
27Die onverdiende guns van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een bly by julle almal! Dit is waar!</book>
Currently Selected:
Romeine 16: SPC
Highlight
Share
Copy
Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.