Bible App logo
Search Icon

Y'hoshua 1

1
1Nou het dit gebeur, ná die dood van Mosheh, die kneg van יהוה, dat יהוה met Y’hoshua, die seun van Nun, die dienaar van Mosheh, gepraat en gesê het:
2“My kneg Mosheh is dood; staan daarom op, trek deur hierdie Yarden, jy en al hierdie mense, na die land wat Ek aan hulle, aan die seuns van Yisra’el, gee.
3Elke plek waarop die sool van jou voet trap, dit gee Ek aan jou, net soos Ek met Mosheh gepraat het.
4Vanaf die wildernis en hierdie L’vanon, selfs tot by die groot rivier, die Eufraatrivier, die hele land van die Hittiete en so ver as die Groot See, waar die son ondergaan, sal julle grondgebied wees.
5Niemand sal voor jou kan staan, al die dae van jou lewe, nie; net soos Ek met Mosheh was, sal Ek met jou wees; Ek sal jou nie in die steek laat en jou nie verlaat nie. Heb 13:5
6Wees onveranderlik sterk en dapper, want jy sal aan hierdie volk die land as besitting gee wat Ek aan hulle vaders met ’n eed beloof het om aan hulle te gee.
7Wees net onveranderlik sterk en baie dapper. Deut 31:7 Wees versigtig om te doen volgens die hele wet wat Mosheh, My kneg, jou beveel het; moenie regs of links daarvan afdraai nie sodat jy sukses kan hê, waar jy ook al mag gaan. Ps 1:3
8Hierdie boek van die wet mag nie uit jou mond uitgaan nie, maar jy moet dit dag en nag bedink sodat jy versigtig kan wees om volgens alles wat daarin geskryf staan te doen, want dan sal jy jou paaie voorspoedig maak en dan sal jy sukses hê. Ps 1:2
9Het Ek jou nie beveel nie? Wees onveranderlik sterk en dapper, moenie bewe of mismoedig wees nie, want יהוה, jou God, is met jou, Deut 31:8; 1 Kro 22:16 waar jy ook al heengaan.”
10Toe het Y’hoshua aan die offisiere van die volk bevel gegee en gesê:
11“Gaan deur die kamp en beveel die volk en sê: ‘Berei vir julle padkos voor, want binne drie dae moet julle deur hierdie Yarden trek om in te gaan om die land in besit te neem wat יהוה, julle God, aan julle gee, om dit in besit te neem.’”
12Aan die Re’uveniete en Gadiete en die halwe stam van M’nasheh het Y’hoshua gesê:
13“Onthou die woord wat Mosheh, die kneg van יהוה, julle beveel het toe hy gesê het: ‘יהוה, julle God, gee aan julle rus en sal hierdie land aan julle gee.’
14Julle vroue, julle kinders en julle vee moet in die land wat Mosheh julle oorkant die Yarden gegee het, bly, maar julle, al die onverskrokke soldate, moet gewapend voor julle broers deurtrek en hulle help
15totdat יהוה aan julle broers, soos aan julle, rus gee en hulle ook die land in besit neem wat יהוה, julle God, aan hulle gee; dan moet julle teruggaan na die land van julle besitting en dit as erfenis ontvang, die land wat Mosheh, die kneg van יהוה, julle gegee het oorkant die Yarden, waar die son opkom.”
16Hulle het Y’hoshua geantwoord en gesê: “Alles wat u ons beveel het, sal ons doen en oral waarheen u ons stuur, sal ons gaan.
17Net soos ons Mosheh gehoorsaam het in alles, so sal ons u gehoorsaam; mag יהוה, u God, net met u wees soos Hy met Mosheh was.
18Enige een wat teen u bevel rebelleer en u woorde nie gehoorsaam in alles wat u hom beveel nie, sal doodgemaak word; wees net onveranderlik sterk en dapper.”

Currently Selected:

Y'hoshua 1: SPC

Highlight

Copy

Compare

Share

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in