Yesha'yahu 9
9
1Die land van Z’vulun en die land van Naftali het hulle verheug, die magtige outoriteit, die pad deur die see, die land aan die anderkant van die Yarden, Galila van die ander nasies, het hul verheug. Mat 4:15
2Die volk wat in duisternis loop, het ’n groot Lig gesien; dié wat leef in die land van die skaduwee van die dood, op hulle het die Lig geskyn. Mat 4:16; Yog 8:12
3U het die nasie vermenigvuldig, hulle vreugde vermeerder; hulle was vrolik in U Teenwoordigheid, soos met die vrolikheid van oestyd, soos mense in die rondte swaai van vreugde as hulle die buit verdeel,
4want U het die juk van hulle las, die staf op hulle skouers, die lat van hulle onderdrukker, soos met die geveg van Midyan, verbreek,
5want elke stem wat gehoor word, bring verskrikking en klere wat in bloed gerol is, maar dit sal wees om te verbrand; brandstof vir die vuur,
6want ’n jong Seun is vir ons gebore, ’n Seun is vir ons gegee; die regering sal op Sy skouers rus; Sy Naam (Karakter en Outoriteit) word genoem: Wonderlike Raadgewer, Magtige Krygsman, Ewige Prins van Vrede.
7Daar sal geen einde wees aan die vermeerdering van Sy regering en van Sy vrede, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit in stand te hou met regverdigheid en onpartydige opregtheid, van toe af aan en vir ewig nie. Die ywer van יהוה-Tzva’ot sal dit uitvoer. Hand 1:6; Heb 1:8
8יהוה stuur ’n boodskap teen Ya’akov en dit val op Yisra’el.
9Al die mense weet dit; Efrayim en die inwoners van Shomron, wat in trotsheid en arrogansie van verstand, wil en emosie verklaar:
10“Die bakstene het geval, maar ons sal met gladde klip bou; die wildevyebome is afgekap, maar ons sal hulle met seders vervang;”
11daarom laat יהוה Retzin se teëstanders teen hulle opstaan en hits Hy hulle vyande aan:
12die Arameërs van die ooste en die F’lishtyne van die weste; hulle verteer Yisra’el met gapende kake. Ondanks dit alles, draai Sy woede nie weg nie en is Sy hand steeds uitgestrek.
13Nogtans draai die volk nie terug na Hom wat hulle slaan, of soek hulle יהוה-Tzva’ot nie;
14daarom sny יהוה kop en stert van Yisra’el af, palmtak en biesie op een dag.
15Die kop is die oudste en eerbare man en die stert is dié profeet wat leuens profeteer.
16Dié wat hierdie volk lei, sal hulle wetteloos maak en dié wat deur hulle gelei word, sal laag afgebring word; Hos 4:5
17daarom het יהוה geen vreugde in hulle jongmanne, of is Hy jammer vir hulle weeskinders of hulle weduwees nie, want elkeen van hulle is ’n toneelspeler van ’n vals karakter en ’n boosdoener en elke mond praat dwaasheid. Ondanks dit alles draai Sy woede nie weg nie en Sy hand is steeds uitgestrek,
18want wetteloosheid brand soos ’n vuur; dit verteer dorings en distels en steek selfs die digste dele van die woud aan die brand; die wat gekies is, sal opwaarts gaan soos die opstyging van rook.
19Deur die woede van יהוה-Tzva’ot word die land opgebrand en die volk is soos brandstof vir die vuur; nie een man spaar sy broer nie.
20Hulle sny af na regs en is honger; hulle eet na links en word nie versadig nie; elkeen eet die vlees van sy eie arm.
21M’nasheh vir Efrayim en Efrayim vir M’nasheh en saam is hulle teen Y’hudah. Ondanks dit alles draai Sy woede nie weg nie en Sy hand is steeds uitgestrek.
Currently Selected:
Yesha'yahu 9: SPC
Highlight
Copy
Compare
Share
Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.
