Yesha'yahu 65
65
1“Ek het Myself laat soek deur hulle wat nie na My gevra het nie; Ek het My laat vind deur die wat My nie gesoek het nie; Rom 10:20 aan ’n nasie wat nog nooit My Naam uitgeroep het nie, het Ek gesê: ‘Hier is Ek, hier is Ek!’
2Ek het My hande die hele dag lank uitgesprei na ’n rebelse volk, Rom 10:21 wat loop op ’n pad wat nie goed is nie, agter hulle eie gedagtes aan;
3’n volk wat My voortdurend in die gesig uittart, deur offers in tuine te bring en wierook te laat opgaan op bakstene;
4wat tussen die grafte sit en die nag in geheime plekke deurbring; wat varkvleis eet en in hulle potte is die mengsel van onrein vleis, Lev 11:7; Yes 66:17
5wat sê: ‘Bly by jouself! Kom nie naby my nie, want ek is meer afgesonder as jy!’ Hulle is rook in My neusgate, ’n vuur wat die hele dag brand.
6Let op, dit staan voor My geskryf, Ek sal nie stilbly nie, maar Ek sal terugbetaal; Ek sal selfs in hulle boesem terugbetaal,
7beide hulle onregverdigheid en die onregverdigheid van hulle vaders saam,” sê יהוה. “Omdat hulle wierook op die berge gebrand het en My gespot het op die heuwels sal Ek al hulle vorige werke in hulle boesem uitmeet.”
8So sê יהוה: “Soos die nuwe wyn in die tros gevind word en een sê: ‘Verniel dit nie, want daar is voordeel in dit,’ so sal Ek optree ter wille van My diensknegte, om nie almal van hulle te vernietig nie.
9Ek sal ’n nageslag uit Ya’akov laat voortkom en ’n erfgenaam van My berge uit Y’hudah; My gekoses sal dit erf en My diensknegte sal daar bly.
10Sharon sal ’n weiveld vir kleinvee wees en die vallei van Akhor ’n rusplek vir beeste, vir My volk wat My soek,
11maar julle wat יהוה verlaat, wat My afgesonderde berg vergeet, wat ’n tafel dek vir Gad (die geluksgod) en gemengde wyn inskink vir Meni (die god van die noodlot),
12sal Ek bestem vir die swaard en julle almal sal neerbuig vir die slagting omdat Ek geroep het, maar julle het nie geantwoord nie, Ek het gepraat, maar julle het nie gehoor, geluister en gedoen nie en julle het boosheid voor My oë gedoen en gekies wat My nie behaag nie.”
13יהוה-God sê daarom: “Let op, My diensknegte sal eet, maar julle sal honger bly. Let op, My diensknegte sal drink, maar julle sal dors wees. Let op, My diensknegte sal bly wees, maar julle sal beskaamd staan.
14Let op, My diensknegte sal vreugdevol uitroep met ’n vrolike verstand, wil en emosie en júlle sal uitskree met ’n swaar gemoed en huil met ’n gebreekte gees.
15Julle sal jul naam (karakter en outoriteit) as ’n vloek vir My gekoses laat agterbly en יהוה-God sal jou doodslaan, maar My knegte sal met ’n ander naam (karakter en outoriteit) genoem word, Yes 62:2; Open 2:17
16want hy wat homself seën in die land, sal homself seën deur die God van waarheid en hy wat sweer op die aarde, sal sweer by die God van waarheid, want die vorige moeilikhede is vergeet en hulle is verborge vir My oë,
17want let op, Ek skep nuwe hemele en ’n nuwe aarde en die vorige dinge sal nie onthou word of aan gedink word nie, 2 Kefa 3:13; Open 21:1
18maar wees julle bly en swaai in die rondte van vreugde vir ewig oor wat Ek skep, want let op, Ek skep Yerushalayim om te jubel en sy mense vir blydskap.
19Ek sal ook in die rondte swaai van vreugde oor Yerushalayim en bly wees oor My volk en daar sal nie meer die stem van geween of die stem van geskree in haar gehoor word nie.
20Daar sal nie meer ’n suigeling in haar wees wat net ’n paar dae leef of ’n ou man wat nie sy dae uitleef nie, want die jeug sal sterf op ’n honderd jaar oud en wie nie een honderd jaar bereik nie, sal vervloek wees.
21Hulle sal huise bou en daarin bly en ook wingerde plant en die vrug daarvan eet.
22Hulle sal nie bou en ’n ander daarin bly nie; hulle sal nie plant en ’n ander dit eet nie, want soos die dae van ’n boom, sal My volk wees en My gekoses sal die werk van hulle hande geniet. Deut 28:22
23Hulle sal nie tevergeefs werk of geboorte gee aan kinders vir ’n vervloeking nie, want hulle is die nageslag van die wat deur יהוה geseën is en hulle nakomelinge saam met hulle.
24Dit sal ook gebeur dat voordat hulle roep, Ek sal antwoord en terwyl hulle nog praat, sal Ek hoor.
25Die wolf en die lam sal saam wei en die leeu sal strooi eet soos ’n os en stof sal die slang se kos wees; hulle sal geen kwaad of skade doen op My hele afgesonderde berg nie,” sê יהוה.
Currently Selected:
Yesha'yahu 65: SPC
Highlight
Copy
Compare
Share
Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.