Yesha'yahu 64
64
1dat hulle mag smelt soos was voor die vuur smelt en dat vuur U vyande mag verteer, om U Naam (Karakter en Outoriteit) aan U teëstanders bekend te maak sodat die nasies in U Teenwoordigheid mag bewe,
2wanneer U ontsagwekkende dinge doen wat ons nie verwag het nie. U het afgekom en die berge het geskud in U Teenwoordigheid!
3Van die begin van die wêreld af het hulle dit nie gehoor of met die oor waargeneem, of het die oog, o God, enige buiten U gesien nie, as gevolg van wat U doen vir dié wat op U wag. Ps 31:18-20; 1 Kor 2:9
4U ontmoet hom wat onpartydige opregtheid doen, wat U met vreugde in U handelswyses onthou. Let op, U was kwaad, want ons het gesondig; ons het oortree teenoor U handelswyses en tog sal ons gered word.
5Ons het almal geword soos ’n onrein ding en al ons regverdige dade is soos ’n vuil kleed; ons het almal verwelk soos ’n blaar en ons onregverdigheid het ons weggevat soos die wind.
6Daar is niemand wat U Naam (Karakter en Outoriteit) aanroep, wat onthou om aan U vas te hou nie, want U het U gesig weggedraai van ons af en ons oorgegee aan die krag van ons sondes,
7maar nou, יהוה, U is ons Vader; ons is die klei en U is ons Pottebakker en ons is almal die werk van U hand.
8יהוה, wees nie uitermate kwaad nie en onthou nie die onregverdigheid vir ewig nie; let op, kyk nou, ons is almal U volk.
9U afgesonderde stede het ’n wildernis geword; Tziyon het ’n wildernis geword, Yerushalayim ’n verlatenheid. Lev 26:31,32
10Ons afgesonderde en pragtige huis waar ons vaders U geloof het, is met vuur verbrand en al ons kosbaarhede, het ’n puinhoop geword.
11יהוה, sal U Uself terughou oor hierdie dinge?
12Sal U stilbly en ons uitermate teister?”
Currently Selected:
Yesha'yahu 64: SPC
Highlight
Copy
Compare
Share
Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.