Yesha'yahu 4
4
1In dié dag sal sewe vroue een man gryp en sê: “Ons sal ons eie brood eet en ons eie klere aantrek, laat ons net by jou naam genoem word; vat ons skande weg.”
2In dié dag sal die Spruit van יהוה mooi en tot eer en lof wees en die vrug van die aarde sal die trots en versiering van die oorgeblewenes van Yisra’el wees.
3Dit sal gebeur dat hy wat in Tziyon oor is en agterbly in Yerushalayim, afgesonderd genoem sal word; elkeen wat opgeteken is en lewe in Yerushalayim.
4Wanneer יהוה die vuilheid van die dogters van Tziyon afgewas en die bloedvergieting van Yerushalayim uit haar uitgespoel het, deur die Gees van oordeel en die Gees van suiwering,
5dan sal יהוה oor die hele area van die berg Tziyon en oor haar bymekaarkomplekke bedags ’n wolk en rook skep en die helderheid van ’n brandende vuur in die nag, want die grootsheid van יהוה sal ’n beskutting oor alles wees.
6Daar sal ’n bedekking wees om skadu bedags te gee teen die hitte en vir ’n skuilplek en beskerming teen die storm en die reën.
Currently Selected:
Yesha'yahu 4: SPC
Highlight
Copy
Compare
Share
Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.