Yesha'yahu 35
35
1Die geskroeide wildernis sal bly wees en die woestyn sal bly wees en bot soos die veldsaffraan;
2dit sal lustig bot en verheug wees met gejuig en uitroepe van vreugde. Die lof en eer van die L’vanon sal daaraan gegee word, die majesteit van Karmel en Sharon. Hulle sal die lof, eer en waarde van יהוה sien, die majesteit van ons God.
3Bemoedig die uitgeputte en versterk die swakke. Heb 12:12
4Sê aan die wat vreesagtig van verstand, wil en emosie is: “Hou moed, moenie vrees nie! Let op, julle God, die Vergelder, kom; God, die Verlosser, kom om julle te verlos.
5Dan sal die oë van die blindes oopgemaak en die ore van die dowes ontsluit word.
6Dan sal die verlamde spring soos ’n bok en die tong van die stomme sal skree van vreugde, want waters sal uitbreek in die wildernis en strome in die woestyn. Mat 11:5
7Die verskroeide land sal ’n waterpoel word en die dorsland, fonteine van water; in die gate van jakkalse, hulle rusplek, is gras, riete en biesies.
8Dáár sal ’n hoofweg wees, ’n pad, wat ‘die hoofweg van Afgesonderdheid’ genoem sal word. Die onreine sal nie daarop reis nie, maar dit sal vir húlle wees wat op daardie pad loop en die dwase sal nie daarop rondloop nie.
9Dáár sal geen leeu wees nie en geen gevaarlike dier sal daarop kom nie. Hierdie sal nie daar gekry word nie, maar die vrygekooptes sal daarop loop
10en die losgekooptes van יהוה sal teruggaan en na Tziyon kom met uitroepe van blydskap, met ewige vreugde op hulle koppe. Hulle sal vreugde en blydskap vind en droefheid en sugtinge sal wegvlug.
Currently Selected:
Yesha'yahu 35: SPC
Highlight
Copy
Compare
Share
Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.