Yesha'yahu 20
20
1In die jaar toe die bevelvoerder na Ashdod gekom het, toe Sargon, die koning van Ashur, hom gestuur het en hy teen Ashdod baklei en dit ingeneem het;
2in dié tyd het יהוה deur Yesha’yahu, die seun van Amotz, gepraat en gesê: “Gaan maak die roukleed van jou heupe af los en trek jou skoene van jou voete af.” Hy het so gedoen en kaal en kaalvoet geloop.
3יהוה het gesê: “Net soos My dienskneg Yesha’yahu kaal en kaalvoet geloop het vir drie jaar lank as ’n teken en bewys teen Mitzrayim en Kush,
4so sal die koning van Ashur die gevangenes van Mitzrayim en die ballinge van Kush weglei, jonk en oud, kaal en kaalvoet, met agterstewes ontbloot, tot die skande van Mitzrayim.
5Dan sal hulle ontsteld en beskaamd wees as gevolg van Kush, hulle hoop en Mitzrayim, hulle trots.
6So sal die inwoners van hierdie kusland in dié dag sê: ‘Let op, dít is ons hoop, waarheen ons gevlug het om hulp, om bevry te word van die koning van Ashur en ons, hoe sal óns ontvlug?’”
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.