Psalms 150
150
  1Halleluja!
Loof God in sy heiligdom,
loof Hom in sy magtige  hemelkoepel;
  2loof Hom oor sy kragtige dade,
loof Hom na die omvang
van sy grootheid!
  3Loof Hom met die geskal
van •ramshorings,
loof Hom met harp en lier; 
  4loof Hom met tamboeryn
en koordans,
loof Hom met snaarinstrument  en fluit;
  5loof Hom met die klank  van simbale,
loof Hom met die slag van simbale!
  6Alles wat asem het,
moet die Here loof!
Halleluja!
      Currently Selected:
Psalms 150: AFR20
Highlight
Share
Copy
Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in
Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za.
Bybel in Afrikaans 2020-vertaling met Deuterokanonieke Boeke © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za.