Spreuke 2:7-10
Spreuke 2:7-10 AFR20
Vir die opregtes hou Hy vindingrykheid in bewaring, as 'n skild vir hulle wat onberispelik leef, deurdat Hy die paaie van die reg bewaak; die pad van sy getroue volgelinge beskerm Hy. Dan sal jy verstaan wat regverdig, billik en reg is – elke goeie pad. Want wysheid sal in jou hart inkom, en kennis sal vir jou aangenaam wees.







